’n Anderste Sunnyside het op Joan Hambidge gewag
Joan Hambidge het onlangs haar ou woonbuurt, Sunnyside, herbesoek. Terwyl sy en haar vreemdeling-gids die nuwe Sunnyside deurgetrap het, het die herinneringe aan ’n vroeër tyd helder kom klop:
Daar is al dikwels geskryf oor herinnering en hoe ’n mens se geheue deur ’n reuk of smaak opgeroep word. Proust se beroemde roman se herinneringe aan ’n vervloë tyd illustreer dit met die doop van ’n Madeleine-koekie in tee. Skielik waaier ’n hele stuk verdringde tyd voor die verteller oop. Iets wat verby is, blyk nog te bestaan.
Boekbesonderhede
- Lot se vrou deur Joan Hambidge
EAN: 9780798156875
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment