Pat Stamatélos neem deel aan PEN Afrikaans se Oestyd-skryfuitdaging met “Oestyd”
PEN Afrikaans en LitNet het onlangs saamgespan om ’n skryfuitdaging aan Afrikaanse skrywers te stel. Hulle het skrywers gevra om ’n gedig of kortverhaal te skryf met die plaaswerkerstakings as tema. Pat Stamatélos, wie se jongste boek, Madeliefies van staal, pas verskyn het, het ook deelgeneem met haar kortverhaal “Oestyd”. Lees dit hier:
Simon Bekeer vryf oor die vet korrels met sy duim. Heen-en-weer vryf hy hulle. Die trossie soetigheid lê swaar oor die lengte en breedte van sy hand. Hy druk twee druiwekorrels teen mekaar, voel die beroering onder sy naeltjie. Hy gaan eendag met ’n vrou trou met sulke groot, sagte borste. Soet en lekker tussen die lippe. Met voggies wat ’n man mal kan maak.
Boekbesonderhede
- Madeliefies van staal deur Pat Stamatélos
Boek se tuisblad
EAN: 9780795704246
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment