Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Christine Barkhuizen le Roux gesels oor die omstrede onderwerp van haar roman, Getuie

GetuieChristine Barkhuizen le Roux se nuutste roman pak onverskrokke die tema van fundamentele godsdiens met die verhaal van Mignon en hoe haar ouers se geloof (hulle is Jehova se Getuies) uiters destruktief in haar lewe was.

SARIE se Phyllis Green het ‘n onderhoud met Barkhuizen le Roux gevoer en haar onder meer gevra of sy nie benoud was oor hoe die boek ontvang sou word nie:

Waarom het jy so laat in jou lewe begin skryf?

Ek het altyd hierdie ding gehad van ek wil skryf. Op skool was dit opstelle. Toe is ek universiteit toe. Ek is getroud ‘n jaar ná ek klaargemaak het en het toe op ‘n plaas gaan bly, 30 km van die dorp Barrydale af. Toe het daai ding begin lewe kry. Ek was afgesonder en alleen en daar was iets hier binne my wat moes uitkom. Dit het begin met gedigte en kortverhale ook. In 1994, nadat ek van ‘n ATKV-skryfskool af teruggekom het, het ek geweet dis wat ek met my lewe wil doen. Dit was ‘n baie moeilike pad, want ek sit op die plaas sonder internet en nie juis selfoonopvangs nie. Maar ek het aangehou met gedigte skryf, wat op die ou einde by Ronnie Belcher beland het en hy het dit uitgegee. Toe is ek terug universiteit toe vir ‘n honneurs en ‘n meestersgraad in Afrikaans en Nederlands. Intussen het Padmaker al lankal gelê. Ek het die verhaal volledig oorgeskryf en herskryf as deel van my studies.

Book details

 

Please register or log in to comment