Werke van Breyten Breytenbach en Andre Brink by Suidoosterfees 2013
Werke van NB-uitgewers se veelbekroonde skrywers Breyten Breytenbach en André P Brink sal vanjaar deel uitmaak van die Suidoosterfees.
Van Donderdag 31 Januarie tot Sondag 3 Februarie sal ‘n uitstalling getiteld Vingerverhale van die veelsydige Breytenbach in die Artscape Operahuis se foyer te sien wees. Die kunswerke, in verskeie media, is in tien “vingerverhale” ingedeel.
Saartjie Botha se verwerking van Andre Brink se roman Bidsprinkaan vir die verhoog sal ook vir die eerste keer by die Suidoosterfees opgevoer word. Dit vertel die verhaal van die Khoikhoi Kupido Kakkerlak wat onder die leiding van eerwaarde James Read ‘n prediker en later ook ‘n sendeling geword het. Dié toneelstuk, met Gys De Villiers, Gideon Lombard, Lee Ann van Rooi en Elton Landrew in die rolverdeling, sal Donderdag 31 Januarie, Saterdag 2 Februarie en Sondag 3 Februarie in die Fugard Teater te sien wees.
Besonderhede
VINGERVERHALE
Datums en tye: 31 Januarie – 3 Februarie, 10:00 – 22:00
Plek: Operahuis Marble Foyer Extension
Koste: Gratis
BIDSPRINKAAN
Datums en tye: 31 Januarie 18:00; 2 Februarie 10:30, 3 Februarie 20:00
Plek: Fugard Teater
Koste: R120 per persoon
Boekbesonderhede
- Katalekte: artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan deur Breyten Breytenbach
Boek se tuisblad
EAN: 9780798157926
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Bidsprinkaan deur Andre Brink
EAN: 9780798146517
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Philida deur Andre P Brink
Boek se tuisblad
EAN: 9780798155212
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!


















Please register or log in to comment