Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Breyten Breytenbach gesels oor sy Suidoosterfees-kunsuitstalling Vingerverhale (Plus: Videos)

KatalekteBreyten Breytenbach kuier tans in Suid-Afrika vir die bekendstelling van sy kunsuitstalling by die tiende Suidoosterfees. Dié uitstalling, getiteld Vingerverhale, open op 31 Januarie en duur tot 17 Februarie in die Marmer-foyer van die Operahuis in die Kunstekaap.

Murray La Vita het die skrywer ontmoet by ’n huis in Oranjezicht waar sy kunswerke tans geberg word om te gesels oor die uitstalling en ook oor Breytenbach se mees onlangse bundel, Katalekte:

Breyten Breytenbach kom die vertrek binne met wat hy beskryf as “’n paar raap-en-skraap-goed” onder sy arm.

Een daarvan is die bundel Vingermaan wat in 1980 gepubliseer is om saam te val met ’n uitstalling in Amsterdam van sy tronktekeninge.

Gedeeltes van La Vita se gesprek met Breytenbach is op video vasgevang:

YouTube Preview Image

Breytenbach het ook vir Anet Pienaar-Vosloo van Die Burger in Parys ontmoet voor hy na Suid-Afrika gereis het vir die uitstalling. Aan haar vertel hy hoe hy as jong man in Parys oorleef het en waar sy verhouding met Suid-Afrika tans staan:

Ons ontmoet in Breyten se studio naby die Place de Italie. Dis ’n ruim dubbelverdieping-ateljee met ’n uitsig oor ’n crèche waar twee reuse-bome teen mekaar leun. Die takke en blare vorm saam ’n groot herfskleurige hart.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment