NB-Uitgewers bied ’n propvol program by Woordfees 2013 aan
Hierdie jaar se US Woordfees beloof om weereens onvergeetlik te wees met iets om almal mee te vermaak. Die propvol feesprogram is op 21 Januarie bekendgemaak en is kaartjies reeds besig om teen ’n snel pas te verkoop.
NB-Uitgewers bied hierdie jaar weereens ’n klomp gesprekke met van hul gewildste skrywers by die fees aan. Wilna Adriaanse sal gesels oor haar jongste roman ’n Klein lewe, Chanette Paul oor haar spanningsroman Labirint, Keneels Breytenbach oor die verwerking van Hartland na romanvorm en Gilbert Gibson sal met Francois Smit in gesprek oor sy vierde digbundel, [VII], in gesprek tree. Brand Pretorius gesels oor sy boek Aan die stuur, Riana Scheepers praat oor haar kortverhale in Die vrou in die vuur, John Bottomley deel sy ervaring tydens die skryf van Armblankes en Abraham H de Vries bespreek Die Afrikaanse kortverhaalboek wat pas weer uitgegee is.
Ook Christine Barkhuizen-le Roux (Getuie), Deborah Steinmair (Die neus), Marnus Hattingh (As die Bokke nie wil cuddle nie), Ingrid Winterbach (Die aanspraak van lewende wesens), Hermann Giliomee (Die laaste Afrikanerleiers), Joan Hambidge (Lot se vrou), Jeanne Goosen (Plante kan praat), Marita van der Vyver (Die blou van onthou), Karin Brynard (Onse vaders), Johannes Bertus de Villiers (Die einde van die wêreld en hoe om dit te oorleef), Dan Sleigh (Afstande), Fred de Vries (Rigtingbedonnerd), Loftus Marais (Kry my by die gewone plek aguur), Ronelda Kamfer (Grond/Santekraam), Andries Bezuidenhout (Toeris in Hillbrow) en Fanie Olivier (Apostroof) sal by die fees te sien wees.
Die ontslape Sheila Cussons en veteraan-skrywers soos E Kotze, Verna Vels en Elsa Joubert word met spesiale gesprekke gevier.
Feesgangers kan ook uitsien na drie boekbekendstellings. Andre P Brink gaan sy bundel Mediterreense Herinneringe bekendstel, Melanie Grobler haar digbundel Deur ruite van die reis en Lanie van Reenen sal vertel van haar boek C’est la vie wat handel oor die uitdagende restourasie van haar Franse kasteel.
Ook is daar ’n interessante gesprek oor die tendens van die kookboek met kookboekskrywers Callie Maritz en Mari-Louis Guy (Markdag), Aletta Lintvelt (Weg! Naweekkos), Marlene van der Westhuizen (Oorvloed) en Emilia le Roux (Kos as dit knyp).
Dié wat ewe lief is vir kos en literatuur word ook nie teleurgestel nie. Gaste kan etes saam met Deon Meyer (7 Dae), Karin Brynard, PG du Plessis (Fees van die ongenooides), en Dana Snyman (Hiervandaan) geniet. Dirk en Reinet Nagtegaal (Loorita se Griekse voorskoot), Jan Braai (Vuurwerke) en Johan Bakkes (Oepse daisy) draai ook by kostafels en braaivleivure vir ’n koskuier.
Hierdie jaar se Woordfees is die perfekte geleentheid vir lesers om hul gunsteling-skrywers te ontmoet en boonop moontlik hul boeke te laat teken. Meer inligting oor NB-Uitgewers se aanbiedinge by die fees volg:
Vrydag 1 Maart
Cussons: Gevlerk met genade
Tyd: 12:00
Plek: J.S. Gericke-biblioteek Ouditorium
Koste:R50
Amanda Botha en Wium van Zyl voer ’n gesprek oor die religieuse digkuns en tekeninge van Sheila Cussons. Items uit die uitsonderlike Sheila Cussons-versameling word tydens die gesprek visueel belig, waarna die oorspronklike Cussons-manuskripte en sketse gesien kan word in ’n spesiale uitstalling.
Sondag 3 Maart
Loorita se Griekse voorskoot
Tyd: 18:00
Plek: Plataankafee
Koste:R50
In Dirk en Reinet Nagtegaal se nuwe resepteboek word die liefdes- en lewensverhaal van ’n kosvriendin vervleg op Amerikaanse scrapbook-styl. Reinet vertel die storie agter die boek, Luna Paige sing toonsettings van romantiese inskrywings in die boek, en Dirk Nagtegaal sorg vir heerlike disse uit die boek. Kom geniet ’n aand van vertel, musiek en kook.
Maandag 4 Maart
’n Klein lewe
Tyd: 10:00
Plek: Boektent
Koste:R40
Etienne Bloemhof praat met Wilna Adriaanse oor haar fassinerende verhaal van ’n middeljarige vrou wie se politieke bewussyn gevorm word deur ingrypende sosio-politiese veranderinge in die land. Kwessies rondom identiteit en die plek van mens binne die samelewing word bespreek.
Chanette Paul
Tyd: 12:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R40
Francois Bloemhof gesels met Chanette Paul oor Labirint, haar spanningsroman wat die donker kant van die psige ondersoek, boosheid vind waar dit nie vermoed is nie en goedheid waar dit diep verborge lê. Hel en hemel op haar tipies eiesoortige manier.
Hambidge onbeperk
Tyd: 12:00
Plek: Boektent
Koste:R50
Die immergewilde Joan Hambidge is een van die kleurrykste en veelsydigste figure op die Afrikaanse literêre toneel. Uitgewer Etienne Bloemhof probeer vasstel hoe dié skrywer, akademikus en kritikus daarin slaag om hoede te verwissel sonder dat ’n veer op die grond val.
Gilbert Gibson
Tyd: 15:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R40
Sewe is die getal van heiligheid, van voltooiing en vervulling, ’n volmaakte sirkel. Gilbert Gibson se vierde digbundel is ’n konfrontasie met die simboliese lading van die getal, ’n woordestryd teen die wete dat voltooiing die einde beteken, dat volmaaktheid noodwendig ook die dood impliseer. Francois Smith gesels met Gibson.
Hartland
Tyd: 15:00
Plek: Boektent
Koste:R40
Dramaturg Deon Opperman het almal aan die praat gehad met sy kykNET-reeks Hartland oor die politiek van transformasie en verset. Kerneels Breytenbach, wat die reeks herskryf het in romanvorm, praat met Opperman oor die verwagtinge wat die nuwe genre stel.
Dinsdag 5 Maart
Beste professor 2: Geskiedkundig
Tyd: 09:00
Plek: De Vette Mossel
Koste:R30
Is die era van Afrikaner-leiers vir goed verby? Hermann Giliomee praat oor sy opspraakwekkende boek, Die laaste Afrikaner-leiers, met voormalige US-rektor Andreas van Wyk.
Aan die stuur met Brand Pretorius
Tyd: 10:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R40
Arnold Smit gesels met bekende sakeleier Brand Pretorius oor sy boek en oor die lesse wat hy as leier en uitvoerende hoof van onder meer Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep geleer het.
Ingrid Winterbach
Tyd: 10:00
Plek: Boektent
Koste:R50
Ingrid Winterbach word beskou as een van Afrikaans se grootse romansiers. Haar nuutste roman, Die aanspraak van lewende wesens, is onlangs aangewys as wenner van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd. Louise Viljoen tree in gesprek met die skrywer om die kompleksiteit en gelaagdheid van dié roman te ontrafel.
Deon Meyer
Tyd: 12:30
Plek: Towerbosch Aardkombuis
Koste:R200
Sy boeke boer wêreldwyd op topverkoperlyste. Selfs Paulo Coelho sukkel om kers vas te hou! Chanette Paul, skrywer van spanningsromans soos Labirint wat pas verskyn het, vra die internasionaal bekroonde Deon Meyer uit oor ’n skitterende loopbaan en probeer die geheim van sy sukses ontrafel.
Die vrou in die vuur
Tyd: 14:00
Plek: Boektent
Koste:R50
Riana Scheepers is tuis in verskeie genres, maar die kortverhaal bly haar forté. Die vrou in die vuur toon haar liefde, artistieke beheer en intuïtiewe aanvoeling vir dié genre. Verhale in die versamelbundel markeer haar ontwikkeling as skrywer. Scheepers, nog altyd in sommige opsigte ’n omstrede skrywer, ís die vrou in die vuur. Andries Bezuidenhout lei die gesprek.
Die tendens van die kookboek
Tyd: 15:00
Plek: Boektent
Koste:R50
Errieda du Toit gesels met kosskrywers Callie Maritz en Mari-Louis Guy (Markdag), Aletta Lintvelt (Weg! Naweekkos), Marlene van der Westhuizen (Oorvloed) en Emilia le Roux (Kos as dit knyp) oor die nuutste tendense in kookboeke en die kosbedryf.
E. Kotze Profiel
Tyd: 16:00
Plek: Boektent
Koste:R50
Deur die kortverhale en romans van E. Kotze het die Weskus op unieke wyse gestalte gekry in Afrikaans. Petra Müller en Nèlleke de Jager reflekteer saam met dié immergewilde skrywer oor ’n loopbaan vol hoogtepunte. Le Bonheur sorg vir die vrug van die druif.
Woensdag 6 Maart
Armblankes
Tyd: 10:00
Plek: Boektent
Koste:R40
Bun Booyens, redakteur van Die Burger, gesels met Edward-John Bottomley, skrywer van Armblankes, en met die bekende reisskrywer Dana Snyman, oor armblanke-gemeenskappe in Suid-Afrika en die reaksie wat hulle uitlok.
PG du Plessis
Tyd: 12:30
Plek: Towerbosch Aardkombuis
Koste:R200
As dramaturg, draaiboekskrywer en prosaïs het PG du Plessis min gelyke in Afrikaans. Joernalis Marina Griebenow pols die geliefde storieverteller en woordkunstenaar oor die enorme sukses van Fees van die ongenooides en kyk terug op ’n luisterryke loopbaan.
Die Afrikaanse kortverhaalboek
Tyd: 14:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R40
Die sewende hersiene uitgawe van Abraham H de Vries se bloemlesing is die kortverhaal-barometer in Afrikaans. Die nuwe uitgawe sluit 133 verhale van 81 skrywers in oor ’n tydperk van byna 120 jaar. Willemien Brümmer vra Braam uit oor die jongste uitgawe.
Melanie Grobler
Tyd: 14:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R40
Melanie Grobler verstaan die kuns om die leser los te maak van die aarde en die aardse. In Deur ruite van die reis word die reistema, geografies sowel as deur streke van die gees, verken. Zandra Bezuidenhout praat met Melanie oor die soeke na die ewig ontwykende betekenis van die gedig.
Verna Vels 80
Tyd: 16:00
Plek: Boektent
Koste:R40
Verna Vels, baanbreker in die radio- en televisiebedryf, se onvergeetlike Liewe Heksie het in kinders van alle ouderdomme se harte gekruip. Kollegas in die uitsaaiwese, Riaan Cruywagen en Iris Bester, vier haar lewe en bydrae tot ons kultuurskat. Kom klink ’n glasie van Uitkyk Light se reeks met ons!
Konings van braai
Tyd: 17:30
Plek: De Vette Mossel
Koste:R200
Jan Braai, die man agter Nasionale Braaidag, en die nimlike Niël du Bois van De Vette Mossel om dieselfde vuur! Kom vind uit wat is dié meesters se geheime vir ’n suksesvolle visbraai, terwyl jy weglê aan ’n agt-gang feesmaal. Jan se boek Vuurwerke is te koop.
Donderdag 7 Maart
Dan Sleigh
Tyd: 10:00
Plek: Boektent
Koste:R50
Die gevierde ATKV Prosapryswenner Dan Sleigh praat oor sy historiese roman Afstande. Hy vertel hoe Nagri, die laaste Joodse profeet, 2 400 jaar gelede moeitevol die pad vir sy Verlosser in die woestyn berei, oortuig dat dit ’n Griek gaan wees. Nagri – die woedende digter van Psalm 137, die eunug wat sy geld op straat aan prostitute weggee – se verhaal lê tussen die Ou en Nuwe Testament.
Getuie
Tyd: 10:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R40
Douwleen Bredenhann gesels met Christine Barkhuizen-le Roux oor haar roman Getuie, ’n aangrypende verhaal oor aktuele kwessies soos die rol van ’n rigiede godsdienstige opvoeding in drie vrouens se lewens, die dood van ’n eggenoot en selfmoord.
C’est la vie
Tyd: 16:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R40
Jeanne Els gesels met Lanie van Reenen, bekende in dekorkringe, oor haar nuwe boek C’est la vie. Kom hoor hoe genot en verlies deel was van haar besluit om ’n kasteel in Frankryk te koop en daarvan ’n toeristebestemming te maak.
Elsa Joubert 91
Tyd: 16:00
Plek: Boektent
Koste:R40
In haar luisterryke skrywersloopbaan het Elsa Joubert wêreldwyd erkenning gekry vir romans soos Die swerfjare van Poppie Nongena. Haar reisverhale, kortverhale en outobiografiese werk sal onvergeetlik bly. Annari van der Merwe en André P. Brink belig die talle fasette van haar enorme bydrae en lig ’n glasie Fleur du Cap op dié grande dame van die Afrikaanse letterkunde.
Storievuur
Tyd: 17:30
Plek: De Vette Mossel
Koste:R200
Johan Bakkes saam met van die gewildste storievertellers op een verhoog: PG du Plessis, Dana Snyman en Marlene le Roux. Tussendeur staaltjies en verhale wat jou laat lag en ontroer, verower Gert Vlok Nel jou hart met poëtiese klanke van sy jongste album Onherroeplik. De Vette Mossel se beroemde agt-gang seekosspyskaart sorg vir vol mae.
Vrydag 8 Maart
Beste professor 5: Polities-wetenskaplik
Tyd: 09:00
Plek: De Vette Mossel
Koste:R30
Leierskap: ’n vakuum in die huidige Suid-Afrika? Hermann Giliomee, skrywer van Die laaste Afrikanerleiers, tree in gesprek met Willie Breytenbach (Politieke Wetenskap) en Johan Groenewald (gewese Direkteur Navorsing).
Deborah Steinmair
Tyd: 11:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R40
Deborah Steinmair vertel vir Marion Holm van haar verbeeldingryke speurroman Die neus wat ook as swart komedie beskou kan word. Dié verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen ’n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak.
Jeanne Goosen
Tyd: 11:00
Plek: Boektent
Koste:R50
As plat-op-die-aarde digter, dramaturg, rubriekskrywer en prosaïs het Jeanne Goosen diep in lesersharte gekruip. Liza Albrecht vra dié geliefde skrywer uit oor haar interessante lewe en die vele afdraaipaaie in haar kleurryke loopbaan.
Middagete met Dana Snyman
Tyd: 12:00
Plek: Neil Ellis Wyne
Koste:R280
Neil Ellis spog met sy wyne, terwyl die gewilde Dana Snyman gaste trakteer op staaltjies oor sy reise regoor Suid-Afrika. ’n Meesterlike verteller, gepaar met meesterlike wyn!
Middagete met Karin Brynard
Tyd: 12:00
Plek: Delheim
Koste:R280
Delheim se mede-eienaar, Nora Sperling-Thiel, deel die plaas se beste wyne, terwyl Karin Brynard spannend en heerlik gesellig gesels, maar vir een keer nie oor misdaad en moorde soos in haar twee topverkoper romans nie.
Marita van der Vyver
Tyd: 12:00
Plek: Boektent
Koste:R50
Murray La Vita vra Marita van der Vyver uit oor haar roman Die blou van onthou. Sy vertel meer oor die swaarkry en lekkerkry agter die klaarkry van die roman wat oor geslagte heen in Suid-Afrika en in Portugal afspeel. Marita verklap ook geheime oor haar nuutste skryfprojek.
As die Bokke nie wil cuddle nie
Tyd: 14:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R40
Radio-omroeper Johann Myburgh gesels met Marnus Hattingh, skrywer van As die Bokke nie wil cuddle nie: ’n Verstaan-mans-beter-gids. Joernaliste Sophia van Taak en Riette Rust kom gee die vroulike perspektief op dating, Meneer Reg en hoekom hy belangstelling verloor.
Saterdag 9 Maart
Onse vaders
Tyd: 10:00
Plek: Boektent
Koste:R50
Hanlie Retief ondervra Karin Brynard, oud-joernalis en skrywer van misdaadromans, oor haar jongste boek Onse vaders. Allerlei interessante kwessies kom ter sprake, soos ware misdaad teenoor fiktiewe misdaad en die vraag waarom, in ’n land deurdrenk van bloed, mense net meer en meer soek.
Die einde van die wêreld
Tyd: 11:00
Plek: Erfurthuis
Koste:R50
Asteroïdes, supervulkane, marsmannetjies, mega-tsoenami’s of sonstorms – hoe gaan die wêreld eindig? Sandra Troskie pols skrywer Johannes Bertus de Villiers oor voorspellings van waarsêers, wetenskaplikes, sterrekykers en oorlewingskenners. Wat sal jý doen as jy hoor die wêreld eindig binnekort?
Meditereense herinneringe
Tyd: 11:00
Plek: Boektent
Koste:R50
Dié bundel van André P Brink sluit aan by die 2012-keur uit sy reissketse Herinneringe aan Parys. Dit bevat die beste stories uit sy reistekste oor Italië, Spanje en die suide van Frankryk: Sempre diritto, Olé en Midi. Naas Steenkamp gesels met ons eie wêreldbekende skrywer.
Digtersparadys
Tyd: 15:00
Plek: Boektent
Koste:R50
Met Loftus Marais, Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal, Andries Bezuidenhout, Fanie Olivier en Arjen Duinker. ’n Kombinasie van digterstalent wat jy selde op een verhoog kry. Verlekker jouself in voorlesings deur van die gewildste Afrikaanse digters, met ’n spesiale optrede deur die bekende Nederlandse woordkunstenaar Arjen Duinker.
Digtersparadys
Tyd: 15:00
Plek: Boektent
Koste:R50
Met Loftus Marais, Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal, Andries Bezuidenhout, Fanie Olivier en Arjen Duinker. ’n Kombinasie van digterstalent wat jy selde op een verhoog kry. Verlekker jouself in voorlesings deur van die gewildste Afrikaanse digters, met ’n spesiale optrede deur die bekende Nederlandse woordkunstenaar Arjen Duinker.
Boekbesonderhede
- ’n Klein lewe deur Wilna Adriaanse
Boek se tuisblad
EAN: 9780624054672
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Labirint deur Chanette Paul
Boek se tuisblad
EAN: 9780795800443
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Hartland deur Kerneels Breytenbach en Deon Opperman
Boek se tuisblad
EAN: 9780624056911
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- [VII] deur Gilbert Gibson
EAN: 9780624058847
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Aan die stuur: My leierskapsreis deur Brand Pretorius
EAN: 9780624056652
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die vrou in die vuur deur Riana Scheepers
Boek se tuisblad
EAN: 9780798158329
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Armblankes deur Edward-John Bottomley
Boek se tuisblad
EAN: 9780624056430
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die Afrikaanse kortverhaalboek saamgestel deur Abraham H de Vries
Boek se tuisblad
EAN: 9780798156349
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Getuie deur Christine Barkhuizen Le Roux
Boek se tuisblad
EAN: 9780798157070
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die neus deur Deborah Steinmair
Boek se tuisblad
EAN: 9780798152969
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- As die Bokke nie wil cuddle nie deur Marnus Hattingh
Boek se tuisblad
EAN: 9780624054047
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach
Boek se tuisblad
EAN: 9780798157063
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Lot se vrou deur Joan Hambidge
EAN: 9780798156875
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Plante kan praat deur Jeanne Goosen
Boek se tuisblad
EAN: 9780795703003
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die blou van onthou deur Marita van der Vyver
Boek se tuisblad
EAN: 9780624055181
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Onse vaders deur Karin Brynard
Boek se tuisblad
EAN: 9780798158237
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die einde van die wereld en hoe om dit te oorleef deur Johannes Bertus de Villiers
Boek se tuisblad
EAN: 9780624055914
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Afstande deur Dan Sleigh
Boek se tuisblad
EAN: 9780624049098
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Rigtingbedonnerd: Op die spoor van die Afrikaner post-1994 deur Fred de Vries
Boek se tuisblad
EAN: 9780624054658
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Kry my by die gewone plek aguur deur Loftus Marais
Boek se tuisblad
EAN: 9780624056461
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Grond/Santekraam deur Ronelda Kamfer
Boek se tuisblad
EAN: 9780795703652
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Toeris in Hillbrow deur Andries Bezuidenhout
Boek se tuisblad
EAN: 9780798152099
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Apostroof deur Fanie Olivier
Boek se tuisblad
EAN: 9780798151689
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Sheila Cussons: Versamelde gedigte deur Sheila Cussons
Boek se tuisblad
EAN: 9780624043928
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Hoogty deur E Kotze
Boek se tuisblad
EAN: 9780795703140
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Liewe Heksie Omnibus deur Verna Vels, geillustreer deur Piet Grobler
Boek se tuisblad
EAN: 9780798142212
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Die reise van Isobelle deur Elsa Joubert
Boek se tuisblad
EAN: 9780624053071
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Mediterreense herinneringe deur André P Brink
EAN: 9780798157728
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Deur die ruite van reis deur Melanie Grobler
EAN: 9780798157490
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- C’est la vie deur Lanie van Reenen
EAN: 9780624056188
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Markdag deur Callie Maritz, Marie-Louis Guy
Boek se tuisblad
EAN: 9780798157315
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Weg! Naweekkos deur Aletta Lintvelt
Boek se tuisblad
EAN: 9780798157353
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Oorvloed deur Marlene van der Westhuizen
Boek se tuisblad
EAN: 9780798155410
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Kos as dit knyp: Goedkoop, gesond en gou deur Emilia le Roux
Boek se tuisblad
EAN: 780798157056
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- 7 Dae deur Deon Meyer
Boek se tuisblad
EAN: 9780798156219
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Fees van die ongenooides deur P.G. du Plessis
EAN: 9780624048374
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Hiervandaan deur Dana Snyman
Boek se tuisblad
EAN: 9780624053187
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Loorita se Griekse voorskoot deur Reinet Nagtegaal, Dirk Nagtegaal
Boek se tuisblad
EAN: 9780799356502
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Vuurwerke deur Jan Braai
Boek se tuisblad
EAN: 9780798155403
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Oepse daisy deur Johan Bakkes
Boek se tuisblad
EAN: 9780795800306
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Oepse daisy deur Johan Bakkes
Boek se tuisblad
EAN: 9780795800306
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!


![[VII]](http://images.kalahari.com/ann/all/lg/978/062/405/884/9780624058847.jpg)













































Please register or log in to comment