NB-Uitgewers maak inskrywingsdatums vir Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2015 bekend
NB-Uitgewers kondig met verwagting die volgende Groot Afrikaanse Romanwedstryd aan. Dit is die omvangrykste romanwedstryd in die land met die grootste beloning vir skrywers. Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel en daar is ’n stewige debuutprys.
1ste prys: R200 000
2de prys: R 70 000
3de prys: R 40 000
Debuutprys: R 40 000
Deelnemers se manuskripte kan aan enige van NB-Uitgewers se fiksiedrukname voorgelê word: Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie of Kwela Boeke. Verlede jaar het Ingrid Winterbach die kompetisie gewen met Die aanspraak van lewende wesens.
NB-Uitgewers onderneem om die wenmanuskrip(te) te publiseer en het eerste opsie op alle manuskripte wat ingeskryf word.
Veral nuwe Afrikaanse skrywers het aanmoediging en erkenning nodig om met volgehoue dissipline, uitstekende navorsing en deursettingsvermoë ’n trefferroman te skep en af te rond – vandaar die debuutprys.
Draai daar al jare lank ’n storie in jou kop, of teister karakters jou om hul verhaal te vertel? Dan is nou die tyd vir aksie: Dis jou kans om jou Afrikaanse roman by die land se grootste en suksesvolste uitgewery te publiseer.
Die sluitingsdatum is 1 September 2014. Manuskripte word vanaf 1 Januarie 2014 aanvaar.
Pos jou manuskrip na:
Vir aandag: Danita van Romburgh
NB-Uitgewers Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2015 (voorkeurdruknaam)
Posbus 879
Kaapstad
8000
Navrae: 021 406 3412 of romanwedstryd@nb.co.za.
Boekbesonderhede
- Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach
Boek se tuisblad
EAN: 9780798157063
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment