Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Chris Barnard se klassieke kinderboek Danda word heruitgegee

DandaDanda is ‘n klassieke Afrikaanse kinderverhaal deur Chris Barnard. Dit is deur die skrywer verwerk en vandeesmaand deur NB-Uitgewers heruitgegee met ’n nuwe omslag.

Danda (Daniël Daneel) vertrek sonder die medewete van sy pleegouers met sy tuisgemaakte vlot, sy nagapie, kraai, ratel en hond om sy pa in ’n ver hawe te gaan soek. Op die avontuurreis kom hy byna om in stormwater, verloor sy vlot, raak beseer, en loop boonop die uitgeslape leegleêr oom Sarel Vetvoet raak. Ook krokodille en seekoeie word ’n bedreiging.

Die troeteldiere en Vetvoet sorg vir humoristiese afwisseling. Danda maak ook kortstondig kennis met die Portugese meisie Rosina. Die motief van natuurbewaring teen die agtergrond van ’n subtropiese wêreld in Afrika is sterk aanwesig.

Oor die outeur

Christiaan Johan (Chris) Barnard is op 15 Julie 1939 op Mataffin in die distrik Nelspruit gebore. Hy matrikuleer in 1957 aan die Hoërskool Nelspruit.

Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria waar hy sy BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Kunsgeskiedenis as hoofvakke verwerf. Hy debuteer in 1961 op 22-jarige ouderdom met die novelle, Bekende Onrus, waarvoor hy die CNA-prys ontvang. In 1967 begin Barnard as joernalis by Die Huisgenoot werk, en sy rubriek Chriskras word later in drie bundels gepubliseer. In 1971 verskyn sy tweede roman, Mahala, wat steeds as ’n klassieke Afrikaanse boek beskou word.

Hy lewer, as een van die belangrikste Sestigers, ’n groot bydrae tot die Afrikaanse letterkunde onder meer weens sy veelsydigheid: romans, novelles, rubrieke, jeugverhale, kortverhale, verhoogdramas, hoorspele, essays, filmdraaiboeke, radio- en televisiedramas het uit sy pen verskyn. Hy het verskeie pryse ontvang en is twee keer met die gesogte Hertzog-prys bekroon.

Deesdae boer hy op sy plaas, Thulani, in Mpumalanga met lemoene en makadamianeute.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment