Hospitaaltyd: Die nuwe Francois Bloemhof-riller wat jou hare sal laat regop staan
Rudi is nou al twee keer deur iemand in ’n motor agtervolg. Daar is reeds drie kinders van sy skool deur ’n motor omgery en elke keer het die skuldige weggekom. Die eerste een wat omgery is, is Suné, sy meisie. Wat is haar verbintenis met die ander twee? En hoekom tree die kinders wat omgery is so anders op wanneer hulle uit die hospitaal kom? Min weet Rudi dat hy baie na aan die antwoorde op al sy vrae is, en lig gaan hy nie daarvan afkom nie …
Lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Ouer trae lesers sal dit ook geniet. Hospitaaltyd is die sewende boek van agt in Francois Bloemhof se Rillers-reeks.
Oor die outeur
François Bloemhof het sewentien jaar gelede op die literêre verhoog verskyn met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Dit is spoedig opgevolg met ewe populêre boeke, almal spanningsverhale van een of ander aard, totdat hy sy hand gewaag het aan moeilik klassifiseerbare werke soos Storieboek, Hostis en Klipgooi.
Jong lesers het van sy werk gehou en uitgewers het hom oorreed om vir jong volwassenes ook te skryf, wat hy só suksesvol gedoen het, dat hy ’n ruk lank daarop gefokus het. Hy het gou ’n hele versameling ATKV-Veertjies (’n kompetisie waar jong lesers self die wenboeke kies) op sy rak gehad, langs die pryse wat reeds daar versamel het– vir Slinger-slinger en Nie vir kinders nie die Tafelberg/Sanlam Jeugliteratuur Kompetisie.
Boekbesonderhede
- Hospitaaltyd deur Francois Bloemhof
Boek se tuisblad
EAN: 9780798157643
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment