Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Skryfkompetisie: Pen jou warmste liefdesverhale neer en wen R20 000

Liefde onder die sterreSterre is vir ewigSonnet sonder woordeLiefde in die skemeringNuwe liefde op Moredou

Het jy vuur in jou are? Stoom die rekenaarskerm as jy skryf?

Ons is op soek na smeulende, erotiese fiksie vir die nuwe witwarm Ultrasatyn-projek.

Ons lesers is mal oor ons Satyn-liefdesverhale, en nou gaan ons een stappie verder: liefdesverhale wat van die eerste bladsy af passievolle lyflike plesier tussen die lakens besing, in moderne, bagasielose verhoudings tussen sterk karakters. Dit moet smeul dat die hitte sommer so uit die leesskerm straal!

Uitsonderlik sexy, gewaagde liefdesfiksie wat die leser se tone laat krul van hitsige lekkerkry – as jy so iets wil skryf, is die Ultrasatyn-wedstryd vir jou.

Nie net het jy die kans om dalk ’n e-boek van jou verhaal die lig te laat sien nie, maar daar is twee pryse op die spel: R20 000 vir die liefdesverhaal met die meeste woema, en R10 000 vir die naaswenner. Die wedstryd is oop vir reeds gepubliseerde skrywers sowel as debutante.

Stuur jou stomende liefdesverhaal, van nie minder nie as 35 000 woorde, na ultrasatyn@nb.co.za. Die sluitingsdatum vir inskrywings (slegs per e-pos) is 19 April 2013, en wenners sal teen 18 Junie 2013 aangekondig word.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment