Woordfees 2013: Naòmi Morgan en Sandra Prinsloo in gesprek oor Oskar en die pienk tannie
Naòmi Morgan het Eric-Emmanuel Schmitt se jeugverhaal Oscar et la dame rose uit Frans na Afrikaans vertaal as Oskar en die pienk tannie. Dié boek het onlangs verskyn en ‘n toneelstuk wat op die boek geskoei is, sal by vanjaar se Woordfees opgevoer word.
Na die afloop van die toneelstuk op 5 Maart, gaan Sandra Prinsloo, wat die hoofrol in die stuk vertolk, met Morgan oor Oskar en die pienk tannie gesels. Die gesprek sal in die tuin langs die Japie Krige-saal by Paul Roos Gimnasium plaasvind (waar die toneelstuk aangebied word) en drankies en eetgoed sal bedien word.
Sien jou daar!
Besonderhede
- Datum: Dinsdag, 5 Maart 2013
- Tyd: 16:00 vir 16:30
- Plek: Japie Krige-saal, Paul Roos Gimnasium,
Suidwal,
Stellenbosch | Padkaart - RSVP: alicia.pietersen@nb.co.za, 021 406 3477
Boekbesonderhede
- Oskar en die pienk tannie deur Eric-Emmanuel Schmitt en vertaal deur Naòmi Morgan
Boek se tuisblad
EAN: 9780798159685
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!














Please register or log in to comment