Melanie Grobler ontgin die reistema in haar nuwe digbundel, Deur ruite van reis
Melanie Grobler se nuutste digbundel, Deur die ruite van reis, verskyn vandeesmaand by Human & Rousseau:
Melanie Grobler verstaan die kuns om die leser los te maak van die aarde en die aardse: Die reistema, geografies sowel as deur streke van die gees, is dan ook ’n bindende en fassinerende faktor in haar nuwe digbundel. Ook die reis na die gedig, en telkens sien die leser die digter onderweg na die gedig. Die spreker van die verse vereenselwig haar dikwels met sjamaan-figure of mistici of gestorwe voorouers en hul transendentale reise. Die digter se reis stem dus by implikasie ooreen met dié van die sjamaan wat die doderyk besoek om iets waardevols vir die lewendes terug te bring.
Grobler se beelde is verrassend en lewenskragtig, en dit lok die leser om teen vermoedens in na betekenis te soek. In ’n sekere sin is hierdie soeke na ’n ewig ontwykende betekenis die ware betekenis van ’n gedig. Betowerende en evokatiewe verse.
Oor die outeur
Melanie Grobler is ’n vavkadviseur vir Engels in Limpopo Provinsie; interne moderator vir Engels Eerste Addisionele Taal; lid van die Nasionale Taakspan vir die ontwerp en skryf van die Nasionale Kurrikulumverklaring (Algemeen) Graad 10-12 vir Tale (alle taalvlakke) en die Leerprogramriglyne vir Tale. Grobler werk huidiglik as uitgewer by Best Books.
Boekbesonderhede
- Deur die ruite van reis deur Melanie Grobler
EAN: 9780798157490
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment