Woordfees 2013: Deon Opperman en Kerneels Breytenbach gesels oor Hartland
Deon Opperman, skrywer van die opspraakwekkende TV-reeks Hartland, en Kerneels Breytenbach, wat die teks na romanvorm toe verwerk het, het by dié jaar se US Woordfees in gesprek getree. Nie net het Opperman die temas in Hartland uiteengesit en bespreek nie, maar Breytenbach het ook meer van die verwerkingsproses vertel.
Opperman het met die gehoor gedeel dat hy baie van Hartland se gebeure op sy eie lewe geskoei het. Die verskil tussen drama en prosa het ook tydens die gesprek aandag geniet.
Books LIVE se Maggie Marx het regstreeks vanaf die praatjie met #livebooks getwiet:
Opperman wou stuk skryf wat 3 temas vervleg. Glo is temas waarmee sy mense worstel. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Temas was geloof, besigheid-bestuur en politiek. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Wou familiesage vertel waarin al drie temas voorkom. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Breytenbach was aanvanklik senuweeagtig oor die verwerking van die reeks na n roman. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Breytenbach meen regie en skryf van reeks deur Opperman was briljant. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Opperman gaan haal altyd goed uit eie lewe om in sy stories te sit. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Het destyds op weermagbasis saam bevelvoerder na tipe gyselaarshok met gat gegaan wat ook in teks voorkom.#livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Het met kapelaan oor sy wroeging met geloof gepraat. Die kapelaan kom ook in teks voor. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Breytenbach noem dat baie hoogs emosionele oomblikke in storie. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Opperrman noem dat meeste mense op grens oorlede is weens ongelukke en nie gevegte nie. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Opperman vertel van een so ongeluk wat hy self op die grens beleef het. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Alle dialoog in roman kom uit TV-reeks uit. Breytenbach het soms beskrywings bygevoeg. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Daars baie karakteers waaroor Breytenbach graag meer sou wou uitvind. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Was vir Opperman interessant om te lees soos Breytenbach hoofstuk vir hoofstuk geskryf het. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Roman het geleentheid gegee vir subteks om ook na vore te kom. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Drama het aan roman goeie sterk verhaal gegee. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Breytenbach en Opperman stem saam dat om drama na prosa te verwerk baie moeilik is. #livebooks #Woordfees
— Maggie Marx (@BookishMaggie) March 4, 2013
Boekbesonderhede
- Hartland deur Deon Opperman en verwerk deur Kerneels Breytenbach
Boek se tuisblad
EAN: 9780624056911
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

Please register or log in to comment