Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Fred de Vries benoem vir MJ Brusseprijs 2013 vir Nederlandse weergawe van Rigtingbedonnerd

RigtingbedonnerdFred de Vries, skrywer van Rigtingbedonnerd: Op die spoor van die Afrikaner Post-1994 (Tafelberg), is pas benoem vir die MJ Brusseprijs 2013, vir Afrikaners. Een volk op drift. Dié boek is die oorspronklike Nederlandse uitgawe van Rigtingbedonnerd. Die MJ Brusseprijs word jaarliks in Nederland toegeken vir die beste joernalistieke boek in Nederlands. Die wenner word op Dinsdag, 9 April 2013 in Amsterdam bekendgemaak.

De Vries, ’n Nederlandse joernalis wat die afgelope dekade in Suid-Afrika woon, is een van vyf skrywers op die kortlys. Oor die benoeming sê hy: “Dit is fantasties om benoem te word vir so ’n ernstige prys. Ek ervaar dit as erkenning en beloning vir al die jare se navorsing en skryf van Afrikaners. Een volk op drift“.

Annie Olivier, De Vries se uitgewer by Tafelberg, is verheug oor die benoeming: “Dit gee welverdiende erkenning aan Fred se uitstekende skryfwerk en vars perspektiewe op hoe Afrikaners hulle in die nuwe bedeling aanpas.”

In Rigtingbedonnerd: Op die spoor van die Afrikaner Post-’94 gaan De Vries op reis deur die land op soek na antwoorde oor wie en wat die Afrikaner vandag is. Hy praat met ’n uiteenlopende groep bekende en gewone Afrikaners oor die sake wat hulle raak. Hy vra onder meer of daar nog plek is vir die Afrikaner in die Suid-Afrika van vandag en indien wel, waarin hul emosionele tuiste lê.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment