Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Fred de Vries benoem vir nog ’n Nederlandse prys, die VPRO Bob den Uyl Prijs, vir Rigtingbedonnerd

RigtingbedonnerdFred de Vries, skrywer van Rigtingbedonnerd: Op die spoor van die Afrikaner Post-1994 (Tafelberg), is pas benoem vir ’n tweede Nederlandse prys. De Vries is een van ses op die kortlys vir die VPRO Bob den Uyl Prijs vir die beste Nederlandstalige joernalistieke reisboek. Die benoeming is vir Afrikaners. Een volk op drift, die oorspronklike Nederlandse uitgawe van Rigtingbedonnerd. Die wenner word op Sondag, 12 Mei 2013, bekendgemaak.

De Vries is ook onlangs benoem vir die M.J. Brusseprijs 2013, vir Afrikaners. Een volk op drift. Hierdie prys word jaarliks in Nederland toegeken vir die beste joernalistieke boek in Nederlands. Die wenner (daar is vyf skrywers op die kortlys) word op Dinsdag, 9 April 2013 in Amsterdam bekendgemaak.

De Vries, ’n Nederlandse joernalis wat die afgelope dekade in Suid-Afrika woon, sê oor die benoemings: “Dit is fantasties om benoem te word vir sulke ernstige pryse. Ek ervaar dit as erkenning en beloning vir al die jare se navorsing en skryf van Afrikaners. Een volk op drift“.

Annie Olivier, De Vries se uitgewer by Tafelberg, is verheug oor die benoemings: “Dit gee welverdiende erkenning aan Fred se uitstekende skryfwerk en vars perspektiewe op hoe Afrikaners hulle in die nuwe bedeling aanpas”.

In Rigtingbedonnerd: Op die spoor van die Afrikaner Post-’94 gaan De Vries op reis deur die land op soek na antwoorde oor wie en wat die Afrikaner vandag is. Hy praat met ’n uiteenlopende groep bekende en gewone Afrikaners oor die sake wat hulle raak. Hy vra onder meer of daar nog plek is vir die Afrikaner in die Suid-Afrika van vandag en indien wel, waarin hul emosionele tuiste lê.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment