Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Marita van der Vyver oor Die blou van onthou en die WAT se Borg ’n woord-projek

Die blou van onthouMarita van der Vyver was onlangs in Suid-Afrika om haar jongste roman Die blou van onthou by onder andere die US Woordfees te bemark.

By se Kirby van der Merwe het by haar huis in Aurora gaan draai om uit te vind waarmee Van der Vyver haarself besig hou. Sy is tans beskermvrou vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Borg ’n woord-projek, en vertel waarom sy besluit het om dié projek aan te pak.

Ek en Marita van der Vyver soek ’n koel plek om te gesels in haar pa, Daan, se huis op Aurora in die Sandveld. Eers op die stoep met die uitsig oor die Sandveldse ooptes tot by Velddrif aan die Weskus in die verte.Maar die hitte van meer as 40ºC laat steier ons terug na die koeler sitkamer. Sy en haar suster het die vorige aand, Oujaarsaand, só lekker opgeskop, sê sy – stukke uit Cabaret en The Rocky Horror Picture Show nagedoen in Aurora se enigste eetplek, saam met haar familie – dat sy las het van haar heuppotjie. (Dit was die eerste keer in 14 jaar dat die Van der Vyvers hier saam Kersfees gevier het.)

“Mia, kan jy gou-gou kyk!” sê sy vir haar jongste toe ’n selfoon skril begin lui (terwyl sy in die oopplan-kombuis tee maak). Mia bring die selfoon en Marita antwoord. “Dis haar oupa se selfoon, en sy is ’n bietjie sku om in Afrikaans te antwoord. Nie dat Mia nie Afrikaans kan praat nie,” sê sy, want sy praat konsekwent Afrikaans met haar sedert sy ’n baba is. “Dit is bloot vir haar die maklikste om my te antwoord in Frans en ek het nooit ’n ophef daarvan gemaak nie.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment