Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Winterbach gesels met Willem de Vries oor haar tweede Hertzogprys (Plus: Video-onderhoud)

Die aanspraak van lewende wesensIngrid Winterbach het pas die Hertzogprys vir haar mees onlangse roman, Die aanspraak van lewende wesens, ingepalm en Beeld se Willem de Vries het by haar gaan kuier om oor dié groot prestasie te gesels. Winterbach vertel dat die prys, wat sy vir die tweede maal gewen het, vir haar ’n baie groot eer is.

Die skilderskrywer Ingrid Winterbach, vanjaar die wenner van die Hertzogprys vir haar tiende roman, Die aanspraak van lewende wesens, is in 2004 ook met dié prys vir die roman Niggie bekroon.

Hiermee word haar naam gevoeg by ’n lys van skrywers wat hierdie prestigeprys meer as een keer vir prosa gewen het. Hulle is onder ­andere D.F. ­Malherbe, Karel Schoeman, ­Etienne Leroux en Etienne van Heerden.

Winterbach het ook telefonies met Elma Smit van kykNET se Dagbreek-span oor die toekenning gesels:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment