Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Elize Parker se Elke vrou vir haarself en Amber maan, oker son nou beskikbaar in omnibus

Elize Parker OmnibusElize Parker Omnibus, wat twee van Parker se gewildste boeke bevat, verskyn vandeesmaand by NB-Uitgewers:

Elke vrou vir haarself is ’n meesleurende familiesage oor die lief en leed van die drie Keet-susters. Die twee oudste susters, Nelia en Adri, werk by hul ma se ou vriendin Emmie by die Hotel Woltemade in Kaapstad. Kort hierna sterf hul ma en neem Emmie hul laatlamsussie, Carine, aan. Maar uiteindelik moet elkeen van hulle hul eie paadjie loop en talle terugslae oorkom op hul weg na vervulling in hul professionele én liefdeslewe. Daar is suksesse én teleurstellings, vreugde én hartseer. Dit sal jare wees voordat die donker geheim in die Keet-familie uitgerafel word. Sterk vroue, glorieryke liefde, ontrou, verraad, passie, wraak. Maar uiteindelik is dit tog die liefde wat seëvier.

Amber maan, oker son en ander verhale neem die leser na uiteenlopende plekke. Die titelverhaal speel af in die oorloggeteisterde Angola waar die joernalis Esperanza Santana en haar Franse eweknie, Gerard Jobert, by mekaar skuilplek soek. In elke verhaal speel identiteit ’n sleutelrol; die vinnige pas en warm tonele sal lesers meesleur.

Oor die outeur

Elize Parker is ’n Kaapse romanskrywer, oud-joernalis en verhale-redakteur wat inspirasie-geskenkboeke en Christelike fiksie skryf. Sy plaas al dertig jaar brood en botter op die tafel met skryf van verhale, kortverhale en vervolgverhale. Sy is ook ’n voormalige radio-omroeper en -regisseur en bekend vir haar radio-kinderverhale. Sy is betrokke by boekbemarking en leef haar beroepsdrome uit in die wêreld van boeke. Sy tree gereeld as motiveringspreker en beoordelaar van boekkompetisies op en doen graag radio-oordenkings.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment