Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

“Nie almal waardeer my humorsin nie”: Twee onderhoude met bekroonde digter Hennie Nortjé

In die skadu van soveel bomeHennie Nortjé se debuutbundel, In die skadu van soveel bome, is vanjaar met die Eugène Maraisprys vir eerste of vroeë letterkundige werk bekroon. Dié bundel het bome as sentrale tema en JB Roux het by Nortjé gaan uitvind waarom hy hierdie tema gekies het:

Op ’n sonnige herfsoggend maak jy jou in die skadu van ’n sonsambreel voor ’n koffiekroeg tuis, bestel koffie, steek ’n sigaret aan en flap ’n liggroen bundeltjie oop – skugter, want die gerfie Afrikaanse digbundels wat die laaste paar jare verskyn het, het meestal nie te soet op die tong kom lê nie.

Nortjé het ook Beeld se gewilde Proust-vraaglys beantwoord en onder meer gesê hy meen aardse geluk is om gaaf te wees sonder om iets terug te verwag.

Wat behels aardse geluk?

Om gaaf te wees sonder om te veel terug te verwag.

Wat is jou grootste tekortkoming?

1. Al sedert gr. 3 altyd maar dieselfde ou storie: “Skrif onleesbaar, spelling en leestekens kort dringend aandag!”
2. Ek besit meer boeke as verstand.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment