Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Onderhoude met Nuwe stemme 5 se 16 digters

Nuwe Stemme 5NB-Uitgewers het pas Nuwe stemme 5 die lig laat sien. Hierdie bloemlesing spog met “nuwe” Afrikaanse digterstemme uitgekies deur Heilna du Plooy en Loftus Marais. Voornemende digters het verlede jaar hul beste gedigte ingestuur om deur die twee samestellers beoordeel en uitgekies te word.

Versindaba het met die 16 digters wat ingesluit is, naamlik Joan-Mari Barendse, Jaco Barnard-Naudé, Gerhard Bothma, Neil Cochrane, Adriaan Coetzee, Oloff de Wet, Izak du Plessis, Ihette Jacobs, Wicus Luwes, Desmond Painter, Pieter Odendaal, Alwyn Roux, Hilda Smits, Gerrie Terblanche, Gisela Ullyatt, Carina van der Walt, Hendrik van Niekerk en Fanie Viljoen, onderhoude gevoer. Hulle is onder meer gevra waarom hulle dig en wie hulle gunsteling-digters is.

Joan-Mari Barendse

Toe ek agt maande oud was, het my gesin vanaf Pretoria verhuis na ’n plasie tussen George en Knysna. Dáár het ek ’n voorliefde ontwikkel vir berge, woude en wolke. Na skool is ek Stellenbosch toe waar ek gestudeer het, vir ’n paar jaar gewerk het, en toe weer gestudeer het. Ek het my doktorsgraad, wat handel oor distopiese toekomsromans in Afrikaans, in Maart 2013 ontvang. Tans is ek ’n nadoktorale navorsingsgenoot in Afrikaanse letterkunde by die Departement Afrikaans en Nederlands, Stellenbosch Universiteit.

Ek was van kleins af gedurig aan die lees en skryf. Dit is moeilik om te sê wanneer ek spesifiek poësie begin skryf het. Op skool het ek sulke groot swart boeke volgeskryf met stories, aanhalings, gedigte en vreeslike diep filosofiese gedagtes.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment