Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Gevestigde en nuwe skrywers dra gastronomiese kortverhale by tot Kosblik

KosblikKosblik is nie ʼn kookboek nie, maar ʼn versameling verhale deur sowel gevestigde as nuwe skrywers in Afrikaans. Van Marlene van Niekerk tot Wilna Adriaanse tot Irma Joubert. Dit bied ’n blik op een besondere resep, een buitengewone dis, een onvergeetlike maal.

Bydraers sluit in Marlene van Niekerk, Nanette van Rooyen, Joan Hambidge, Marié Heese, Christine Barkhuizen-Le Roux, Kerneels Breytenbach, Reinet Nagtegaal, Helena Gunter, en nog vele meer.

Kosblik is ’n heerlike boek wat gemik is op sowel die leser van ernstige Afrikaanse literatuur as die liefhebber van stories oor kos en wyn, en dit sluit smulpape en gastronome in.

Oor die samesteller

Nicole Jaekel Strauss het gedurende die negentigs op Stellenbosch haar B Com- en LLB-grade behaal. In 2009 het sy haar M.A. in Kreatiewe Skryfwerk (cum laude) onder leiding van Etienne van Heerden ontvang.

Sy woon in Kaapstad saam met haar man en drie kinders.

Maal is haar debuutbundel en het die Eugène Maraisprys (2011) verower.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment