Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Ronelda Kamfer en eggenoot Nathan Trantraal gesels oor Amsterdam, haar gedigte en familie

Grond/SantekraamChockers en survivorsDigter Ronelda Kamfer is tans in Amsterdam waar sy by die Festival voor het Afrikaans optree.

LitNet se Annemarié van Niekerk het vroeër vanjaar, ook in Amsterdam, met Kamfer gesels oor haar gasskrywerskap in Athenaeum se Skrywershuis en waar sy aan idees vir gedigte kom. Kamfer se mees onlangse digbundel, Grond/Santekraam, het in 2011 verskyn.

Haar eggenoot, Nathan Trantraal, is ook tydens die onderhoud teenwoordig. Sy debuutbundel, Chokers en Survivors, word vandeesmaand uitgegee.

In 2008 debuteer Ronelda Kamfer met Noudat slaapende honde. Die titel is ’n halfvoltooide sin met verkeerde spelling. Dit trek aandag. Dis anders. Mens wil meer weet. Ronelda Kamfer, nou reeds ’n gevestigde digter in die Kaap, is ook so: onkonvensioneel, onpretensieus, sonder enige fieterjasies. En mens wil meer weet. Ook haar tweede bundel, Grond/Santekraam (2011), se titel sit mens aan die wonder oor haar poësie en oor haarself. Met die bekendstelling van die Nederlandse vertaling van hierdie bundel het haar uitgewer, Podium, haar einde verlede jaar genooi vir ‘n gasskrywerskap in Athenaeum se Skrywershuis in Amsterdam.

Dis hier waar ek Ronelda, haar man Nathan (cartoonist by die Cape Times) en hulle babadogtertjie, Seymour, gaan haal vir ’n kuier.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment