Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Carié Maas gesels oor Koljander en die ontwikkeling van haar skryftalent (Plus: Lokprent)

KoljanderCarié Maas het verlede jaar die debuutprys in NB-Uitgewers se Groot Romankompetisie gewen vir die manuskrip van haar roman Koljander wat vanjaar verskyn het, maar dié sukses het nie sommer oornag gebeur nie.

In ‘n onderhoud vir Die Burger vertel Maas aan JB Roux hoe sy ongeveer 15 jaar gelede kortverhale begin skryf het, haar hand aan ‘n historiese roman gewaag het wat nie gepubliseer is nie, en uiteindelik Koljander aangepak het.

“Ek het so 15 jaar gelede met kortverhale begin ‘speel’, maar feitlik almal was onpubliseerbaar,” sê Carié Maas uit Johannesburg, waar sy woon en werk.

“Ek het toe by my vriend Deon Maree die raad gekry om ’n roman aan te pak. Ek het later wel ’n historiese roman geskryf. Die uitgewer Dineke Volschenk was slim genoeg om vir my te sê: ‘Dis nie jou roman nie’. Ek het die manuskrip tussen die belastingpapiere in die garage gaan wegpak, waar dit sal bly.”

Kyk die lokprent vir die boek:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment