Zirk van den Berg gesels met Karin Brynard by die bekendstelling van ’n Ander mens
As Afrikaanse misdaadskrywer is Zirk van den Berg ‘n nuwe stem op die toneel, maar hy is beslis ‘n ou hand wanneer dit by skryf kom.
‘n Ander mens, sy eerste Afrikaanse misdaadroman wat gisteraand by Exclusive Books in die Tygervallei-winkelsentrum bekend gestel is, was voorheen in Engels as Nobody Dies in Nieu-Seeland, waar Van den Berg tans woon, uitgegee. Hy het ook twee ander boeke, ‘n kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, en ‘n historiese roman, Wydsbeen, die lig laat sien.
‘n Ander mens gaan oor ‘n polisievrou wat getuies onder haar bewaring in die getuiebeskermingsprogram vermoor – die perfekte moord! Toe dit in Nieu-Seeland verskyn het, was dit een van die land se topverkopers. Nou is dit uiteindelik ook in Afrikaans beskikbaar.
In gesprek met Karin Brynard het Van den Berg by die bekendstelling vertel dat hy self die vertaling behartig het. Soms moes hy behoorlik kopkrap om ekwivalente vir bepaalde frases te vind, veral aangesien hy al vyftien jaar lank oorsee woon. Tog meen hy die Afrikaanse weergawe is uiteindelik beter as die Engelse een. “Met die vertaling het die boek ‘n grinterigheid gekry wat dit nie in Engels gehad het nie,” het Van den Berg gesê.
Die titel was ook moeilik om te vertaal. Uiteindelik is op ‘n Ander mens besluit, wat ‘n idee gee van die tema van identiteit wat ook in die roman aangeraak word. Die feit dat ‘n mens wyer kwessies kan aanraak in ‘n boek wat steeds ‘n sterk spanningslyn behou, is een van die redes waarom Van den Berg van die speurverhaalgenre hou.
Dié veelsydige skrywer wend hom egter tot verskeie genres. Tans is hy besig met ‘n historiese roman oor ‘n Nieu-Seelandse soldaat in die Anglo-Boereoorlog wat hopelik volgende jaar sal verskyn.
Carolyn Meads (@CarolynMeads) het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getwiet:
.@karinbrynard tree in gesprek met @ZirkvandenBerg by die bekendstelling v 'n Ander Mens @NBPublishers #livebooks pic.twitter.com/dfVXQYms2p
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
.@karinbrynard sê dis lekker dat daar nou nog 'n Afrikaanse misdaadskrywer is, naamlik Zirk van den Berg #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Van den Berg het self 'n Ander mens uit Engels na Afrikaans vertaal. Oorspronklik in Nieu Seeland gepubliseer. #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Van den Berg noem dat Afrikaans al 'n bietjie verander het sedert hy 15 jaar gelede uit die land uit is. #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Van den Berg: Met die vertaling het die boek 'n grinterigheid gekry wat dit nie in Engels gehad het nie. #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Van den Berg: Dis asof Afr sigself beter verleen tot beskrywing van Afrika. #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Van den Berg gesels oor die verskille wat hy in SA opmerk, byvoorbeeld gemaklike verhoudings tussen rasse. #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Van den Berg: Ek skryf baie, maar publiseer min. Raak moeg vir eie idees, maar 'n Ander mens jare besig gehou. #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Van den Berg skryf al vandat hy 12 was. Het selfvertroue as skryf. Het beheer van die gereedskap. #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Aanvanklik het Van den Berg nie geweet hoe 'n Ander mens gaan eindig nie. Skryf soos 'n ontdekkingstog. #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Van den Berg was 19 toe hy sy eerste manuskrip vir 'n uitgewer ingestuur het. #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Van den Berg noem dat baie lesers al gevra het vir 'n opvolg. "Weet nie eintlik hoe dit sal werk nie, maar miskien…" #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Van den Berg lees voor uit 'n Ander mens #livebooks pic.twitter.com/oVGVFIdHd8
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Van den Berg noem dat die bekendstelling soos sy begrafnis voel, maar net baie lekkerder! Want al sy vriende & familie is hier. #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
So kom die bekendstelling tot 'n einde. Van den Berg sal nou boeke teken. #livebooks
— Carolyn Meads (@carolynmeads) June 20, 2013
Boekbesonderhede
- ’n Ander mens deur Zirk van den Berg
Boek se tuisblad
EAN: 9780795704826
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment