Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

“My boek kyk veral na blanke Suid-Afrikaners”: Fred de Vries oor Rigtingbedonnerd

RigtingbedonnerdRigtingbedonnerdFred de Vries se Tafelberg-kortboek Rigtingbedonnerd, en die gelyknamige vollengte boek, het verlede jaar by NB-Uitgewers verskyn. Annemarié van Niekerk van LitNet het met dié bekroonde joernalis gesels oor sy boeke wat so goed vaar in Nederland en oor die Afrikaner se identiteit.

Fred, jou boek oor die Afrikaner vaar besonder goed in Nederland – jy is selfs vir twee belangrike pryse genomineer. Maar die Afrikaanse uitgawe is net so suksesvol. Ek was nogal nuuskierig oor hoe die boek deur die Afrikaanse gemeenskap ontvang sou word, en was verras oor die positiewe reaksies. My verrastheid was nie omdat ek dink die boek verdien nie ’n goeie ontvangs nie, maar omdat dit so ’n riskante ding was wat jy gedoen het – dit kon so maklik gebackfire het. Eerstens hou mense of volke of in groepe nie daarvan as buitestanders (of mense wat as buitestanders beskou word) hulself as sogenaamde kenners van so ’n groep “aanstel” nie. Dat buitestanders hoegenaamd waag om ’n mening oor so ’n groep uit te spreek, is soms selfs te veel om te verduur. Boonop was ons Afrikaner-volkie wat hierdie saak betref nog altyd hipersensitief. Was jy bewus daarvan dat die skryf van hierdie boek die betreding van ’n gevaarsone was?

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment