Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

PG du Plessis oor sy reeks Pandjieswinkelstories (Plus video: Voorlesing uit Fees van die ongenooides)

Fees van die ongenooidesErns Grundling het by PG du Plessis op sy plaas Sémoér gaan kuier waar plakkate van sy bekende dramas, soos Siener in die Suburbs, Plaston: DNS-kind en ’n Seder val in Waterkloof, teen sy skrywerskamer van klip pryk.

Du Plessis gesels onder meer oor die nuwe reeks Pandjieswinkelstories wat hy vir KykNET geskryf het en wat aan sy immergewilde Koöperasiestories herinner. Hy het ook vir Rapport uit sy bekroonde boek Fees van die ongenooides voorgelees:

“Hier is nou nie ’n rooi tapyt nie, maar ek het vir julle ’n blaretapyt uitgerol,” sê Marie du Plessis terwyl ons “sjloef-sjloef” deur die enkeldiep herfsblare kraak na haar man van 54 jaar se heiligdom van klip. Die worshond Fiena draf saam.

Sémoér, ’n plaas van 150 ha teenaan die Mooirivier by Rysmierbult naby Ventersdorp, is ’n tydkapsule uit ’n vervloë era: die huis staan al ’n eeu lank en langsaan toring die eikebome om die skrywerskamer en ’n nuwe lapa, albei van kaiingklip gemaak.

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment