Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Zirk van den Berg neem Danie Marais op ’n staptoer deur ’n Ander mens se Kaapstad

â��n Ander mensZirk van den Berg se misdaadroman ’n Ander mens het pas by Kwela verskyn en speel in Kaapstad af. Danie Marais het saam met Van den Berg sy hoofkarakters se spore in die stad gevolg.

Vir Van den Berg, wat in 1998 met sy vrou en kinders na Nieu-Seeland geëmigreer het, was dit ook ‘n onthoutoer. Dit het in die Kompanjiestuine afgeskop en Marais het potgooie van hul gesprekke oor die verskeie plekke opgeneem, wat later op Smile 90.4 fm uitgesaai is.

Wanneer dit gaan oor emigrasie dink mense gewoonlik aan die pyn van nostalgie wat daarmee gepaardgaan. Maar veel erger, skryf Milan Kundera in sy essay-bundel Testaments Betrayed, is die pyn van vervreemding: die proses waardeur dit wat intiem bekend was, vreemd en uitheems word.

Die skokkendste, mees verdwasende vorm van vreemdheid, sê Kundera, word nie ervaar wanneer jy ’n onbekende vrou probeer verlei nie, maar wanneer jy ’n vrou weer sien wat eens joune was. Die wesenlike vreemdheid van die wêreld en jou bestaan word eers onthul wanneer jy na jou geboorteland terugkeer ná ’n lang afwesigheid.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment