Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

“Grond en wie dit besit bly vir my ’n sentrale onderwerp in ons land”: Karin Brynard oor Onse vaders

Onse vadersKarin Brynard vertel aan LitNet se Rentia Bartlett-Möhl dat die beste raad vir aspirantskrywers is om baie te lees. In hierdie onderhoud gesels Brynard ook oor die verskeie temas wat sy in haar jongste misdaadroman, Onse vaders, aanspreek asook oor Stellenbosch en dié dorpie se karakter.

Onse Vaders (2012) laat mens nie nét jou vingernaels van spanning afkou nie. Dit is ook ’n roman wat, soos Karin Brynard se eerste roman, Plaasmoord (2009), kommentaar lewer op ’n verskeidenheid samelewingsprobleme. Kerneels Breytenbach beskou dit in ’n LitNet Akademies-resensie as ’n sosiaal-betrokke roman. Ek vind dit veelseggend dat Karin juis Stellenbosch as ruimte gekies het vir die bloedige moord op die karakter van die rykmansvrou Elmana du Toit – en hierdie ruimte deurlopend kontrasteer met Johannesburg en Soweto, waar ’n parallelle misdaad plaasvind. My vrae is dus hoofsaaklik gefokus op die ruimte wat sy kies om die gebeure in te laat afspeel.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment