Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Skop stof op met Ridders van die Grondpad deur Deon Meyer en Adriaan Oosthuizen

Ridders van die GrondpadDirt BustersTafelberg stel graag Ridders van die Grondpad deur Deon Meyer en Adriaan Oosthuizen bekend:

Nuwe horisonne wink om elke draai wanneer die gewilde misdaadskrywer Deon Meyer en die fotograaf Adriaan Oosthuizen die land se mooiste grondpaaie begin verken. Hulle vertel van die interessante karakters langs die pad en die uitdagings wat hulle moes trotseer in hul soeke na avontuur en asemrowende landskapstonele.

Hul gunstelingroetes strek oor feitlik die hele Suid-Afrika en is gerig op sowel ervare as aspirantgrondpadryers. Die roetebeskrywings lees soos reisverhale en elkeen bied iets nuuts om te ontdek: ’n dramatiese pas, kronkelende riviere, pragtige ou plaasgeboue of ’n afgeleë stuk Karoo-pad.

Die boek bevat ook ’n rygids wat die teorie agter avontuurtoer op grondpaaie verduidelik. Dit verskaf handige wenke, onder meer hoe om regop te bly op ’n sanderige pad, hoe om veilig deur slote en stroompies te kom, hoe om ’n noodstop te doen en hoe om ongelukke te vermy.

  • Meer as 30 roetes word beskryf en gegradeer
  • Aangrypende landskapsfotografie
  • Kleurvolle kaarte illustreer elke roete
  • Gids met praktiese wenke vir grondpadry
  • Ook beskikbaar in Engels as Dirt Busters.

    Oor die outeurs

    Deon Godfrey Meyer is op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore. Hy matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp. Hy studeer aan die PU vir CHO en volg ’n BA-kursus met Engels en Geskiedenis as hoofvakke. Hy behaal later ’n honneursgraad aan die Universiteit van die Vrystaat.

    In die 1980’s het hy as joernalis by Die Volksblad gewerk, die Universiteit van die Vrystaat se Skakelburo en in 1989 begin hy by Sanlam in Kaapstad as reklame-kopieskrywer.

    In 1991 word hy aangestel as bestuurder van Interne Kommunikasie en skeppende direkteur van Sanlam se Reklame-afdeling. Hy begin later sy eie maatskappy wat spesialiseer in die skep en bestuur van virtuele gemeenskappe op die internet, en daarna was hy die bestuurder van spesiale projekte van BMW se motorfietsafdeling. Hy is op die oomblik ’n voltydse skrywer.

    Deon Meyer se romans het al in meer as 25 tale verskyn. In Frankryk het hy twee groot pryse ingepalm vir die Franse uitgawes van sy spanningsromans. Vir Feniks Le Grand Prix de Littérature Policiére 2003, vir Orion die Prix Mystère de la Critique 2004. Proteus verskyn op die langlys vir die IMPAC literêre toekenning en die Duitse vertaling het in 2006 die Deutsche Krimi Preis in die internasionale kategorie ontvang.

    Adriaan Oosthuizen is ’n Kaapse fotograaf wat hom op mode-, kos-, dekor-, kuns-, portret- en natuurfotografie toespits.

    Sy opdragte het hom al regoor die wêreld geneem en sy foto’s het al in o.m. die New York Times en L’equipe verskyn.

    Adriaan is al verskeie kere bekroon vir sy werk, onder meer deur die gesaghebbende Milk Awards in Nieu-Seeland. Hy het tot op hede drie fotografie-uitstallings gehou en talle boeke geïllustreer.

    Boekbesonderhede

     

    Please register or log in to comment