Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Madeleine Volschenk debuteer met die “kleurryke familiesage” Elke dogter het ’n ma

Elke dogter het 'n maElke dogter het ‘n ma is ’n plesierige, meesleurende debuutroman oor ’n eksentrieke familie. Dit boei die leser van bladsy een met die besluit van die jong hoofkarakter, Bibi, om haar verlowing te breek, haar lang hare af te sny en Europa toe te verkas – met die seën van haar enkelma Frieda. Die tempo is energiek, die karakters interessant en geloofwaardig. Bibi soek haar familie in Italië en Nederland op, vind nuwe belangstellings en insigte, kom uiteindelik ’n bietjie ouer en wyser terug Suid- Afrika toe.

Tussen familiefeeste en konfrontasies deur maak sy vrede met baie dinge. Te midde van die leesbare en ligte aanslag skuil die versoenende, positiewe gedagte van die saamkom van familielede uit ’n klein diaspora

“’n Kleurryke familiesage wat moeilik is om neer te sit!” – Margot Luyt

Oor die outeur

Madeleine Volschenk het in Melville, Johannesburg, grootgeword, en later ook in Thabazimbi skoolgegaan. Sy het aan die Universiteit van Pretoria BA Drama studeer, en na ’n jaar in die filmindustrie besluit om onderwyser te word.

Na ’n HOD by die Universiteit van Stellenbosch het sy lank skoolgehou by Immaculata in Wittebome. Sy wou egter ook skryf en dramas is wat sy geken het. Haar drama “Man, Manner, Manste” is aanvaar vir die eerste KKNK, en sedertdien is ’n hele aantal dramas van haar opgevoer en oor die radio uitgesaai.

In 2006, lus vir ’n nuwe uitdaging het sy ’n diploma in die onderrig van wiskunde verwerf deur UNISA (cum laude) en sedertdien gee sy Drama en Wiskunde by Constantia Waldorf. Hiervan sê sy: “’n Wonderlike kombinasie wat my en die kinders op ons tone hou. Dit beteken dat my dramaklasse vreeslik baie struktuur het en my wiskundeklasse vreeslik dramaties is. Hoe lekker die onderrig van tieners is, is seker een van die bes bewaarde geheime.”

Elke dogter het ʼn ma is haar eerste roman en was naaswenner in die afdeling vir debuutwerk in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd van 2012.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment