Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Irma Venter se karakter Alex Derksen keer terug in haar tweede spanningsroman Skrapnel

SkrapnelDeur die skrywer van Skoenlapper, ’n opwindende nuwe spanningsverhaal, Skrapnel:

Joernalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy ’n storie oor ’n mynsindikaat dek. Sy hacker-vriendin, Sarah, spoor Ranna Abramson in Indië op. Volgens Sarah is Ranna, Alex se groot liefde, die enigste een wat Alex kan help.

Maar hoe hou die dood van Ranna se pa jare gelede verband met Alex se verdwyning? Iewers in Ranna se herinneringe lê die leidraad om ’n lank vergete misdaad op te los, maar sal sy dit herken as sy nie eens weet waarna sy soek nie?

Oor die outeur

Irma Venter is ’n joernalis by ’n mediamaatskappy in Johannesburg, waar sy in handel en nywerheid spesialiseer. Sy fokus meestal op die motorbedryf. Sy het al verskeie toekennings gekry, onder andere drie Pica-toekennings as handel- en nywerheidskrywer van die jaar.

Reis is haar passie, en sy het al ongeveer 30 lande besoek. Sy werk hard daaraan om die syfer so vinnig as moontlik te laat styg. Mongolië, San Francisco en Mali is nog op haar lys om te verken. Gelukkig laat haar werk haar toe om gereeld te reis.

Sy hou van nuwe plekke, lughawens, woestyne, labradors, produkte wat in Suid-Afrika gemaak word, mense wat nog die moeite doen om kos te maak, lente en herfs, goeie whiskey, goeie koffie en goeie sjokolade, en nie noodwending in daardie volgorde nie.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment