Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Mariël le Roux se roman Klara, ’n verhaal van lig en donker uit vervloë dae, bekend gestel

Mariel le Roux

 
Mariel le Roux en Riana Barnard KlaraKlara is ‘n boek van kontraste, van lig en donker. Só het Mariël le Roux verduidelik in gesprek met uitgewer Riana Barnard by die bekendstelling van dié nuwe roman by Exclusive Books in die Tygervallei-winkesentrum.

Daar is die hartseer van Klara se pa wat onder die trekker se wiel doodgedruk word en sy gesin wat ná sy afsterwe gedwing word om die plaas waar hy voorman was te verlaat, maar daar is ook die komiese kaskenades van die bure in die wit lokasie waarheen Klara se gesin trek. Daar is die swaarkry van Klara wat na haar geestesieke ma moet omsien, maar Klara se storie is ook ‘n liefdesverhaal.

“Dit is ‘n verhaal oor die draaie wat die lewe met ‘n mens kan loop,” het Le Roux gesê. “Veral as jou geld opraak.”

Die verhaal speel af in die Breederivier Vallei van Le Roux se jeug, aangesien dit vir Le Roux makliker is om te skryf oor ‘n plek wat sy ken, maar ook omdat die plattelandse ruimte eie aan die storie is.

Die plattelandse skeptisisme oor sielkundiges van vroeër jare kom byvoorbeeld in die verhaal ter sprake, want Klara se ma is eintlik “‘n bietjie skisofreen” en ly boonop aan post-traumatiese stres na die dood van haar man, maar dit word nie by haar gediagnoseer nie.

Die bygelowe van plattelandse vroedvroue figureer ook: met Klara se geboorte word agt “knope” in haar naelstring getel wat volgens bygeloof beteken dit dat haar ma agt kinders moet hê.

Klara daag ook die leser uit en Le Roux het erken dat sommige aspekte van die boek dalk omstrede kan wees. Klara se suster Leen “kruip agter growwe taal weg”, verduidelik sy. Le Roux gebruik die kragwoorde omdat dit die realiteit is van hoe mense, veral in ‘n minder gegoede omgewing, praat. Sy hoop nie sy gee aanstoot met hierdie woorde of met die manier waarop sy die klasseverskille tussen wit mense van daardie tyd uitbeeld nie. Sy het probeer om dit versigtig te benader en getrou aan die werklikheid gebly.

Die boek word tot dusver uiters goed ontvang. Barnard het genoem dat ‘n tweede oplaag van Klara reeds gedruk is. Vir Le Roux is dit lekker om te weet dat daar nog plek is vir hierdie stories, “wat eintlik ou stories is”. Klara vertel van ‘n vervloë era wat baie lesers van vandag nie meer ken nie. “Dit is belangrik om hierdie geskiedenis te behou,” meen Le Roux.

* * * * * * * *

Carolyn Meads het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getwiet:













* * * * * * * *

Facebook-galery

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment