Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Madeleine Volschenk se debuutroman, Elke dogter het ’n ma, bekend gestel

Madeleine Volschenk

 
Madeleine Volschenk en Alida Potgieter Elke dogter het 'n maMadeleine Volschenk, wat reeds sukses as dramaturg behaal het, het met Elke dogter het ‘n ma haar hand aan ‘n roman gewaag. Haar debuutboek staan allermins terug vir haar werk wat die verhoog gehaal het – daarvan getuig die feit dat die manuskrip van Elke dogter het ‘n ma verlede jaar die naaswenner in die debuutkategorie van NB-Uitgewers se Groot Romankompetisie was.

Met ‘n toneelstuk is dit lekker om onmiddellik terugvoering van die gehoor te kry, maar ‘n boek bied sy eie spesiale belonings aan die skrywer, het Volschenk Saterdag in gesprek oor Elke dogter het ‘n ma by Protea Boekwinkel op Stellenbosch gesê. “Ek dink ek gaan van nou af by boeke bly.”

In Elke dogter het ‘n ma verbreek die protagonis Bibi haar verlowing, sny haar lang hare af en gaan soek in Italië en Nederland familielede op. Aanvanklik mag die leser dalk dink dat hulle hier met “chick lit” te doen het, het Alida Potgieter in gesprek met Volschenk gesê, maar gaandeweg word dit duidelik dat die verhaal eintlik meer oor familiebande gaan. Bibi se familie is ‘n besonders eksentrieke een.

Volschenk het verklap dat die manuskrip se titel eers Konteks was, juis omdat sy skryf oor die feit dat jou familie die manier waarop jy dink, voel en optree, beïnvloed.

Volschenk het by haar eie familie gaan aanklop tydens haar navorsing vir die boek. Insidente uit haar ma se lewe, wat as kind van Nederland na Suid-Afrika gekom het, is byvoorbeeld in Elke dogter het ‘n ma gebruik. Sy het ook met ‘n Rooms Katolieke non gesels en inligting oor die “Grys Hemde”, Nazi-simpatiseerders, versamel. Aangesien daar ‘n aborsie in die boek voorkom, in die tyd toe dit onwettig was in Suid-Afrika, moes Volschenk ook alle gegewens in haar skryfwerk nagaan om seker te maak dat dit getrou aan die spesifieke periode is.

Soos Volschenk belowe het, sal Elke dogter het ‘n ma nie haar enigste boek wees nie en sy is trouens reeds besig om aan haar volgende een te werk. Lesers wat Elke dogter het ‘n ma geniet, sal bly wees om te hoor dat een van die newekarakters uit Volschenk se debuut ook in haar tweede boek sal figureer. Iets om na uit te sien!

* * * * * * * *

Carolyn Meads het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getwiet:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment