Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Abraham H de Vries is terug met nuwe kortverhale in Maar wie snoei die rose in die nag?

Maar wie snoei die rose in die nag?Human & Rousseau stel graag ’n nuwe bundel kortverhale deur Abraham H de Vries, Maar wie snoei die rose in die nag?, bekend:

Abraham de Vries vermom sy “kontreiverhale” soms as “ernstige verhale” en sy ernstige verhale as kontreiverhale. Vir die toegewyde De Vries-leser maak dit weinig verskil. Maak nie saak … wat die genre eintlik is nie; dis die stórie en die vakmanskap wat in beide gevalle primêr tel – soos Linda Rode tereg sê (nav van DH Lawrence se woorde: “Never trust the artist. Trust the tale”).

De Vries se vertroude vertellerstem is byna uniek in Afrikaans – daar is die herkenbare en die realistiese, maar sy verhale word ook gekenmerk deur ’n evokatiewe onuitgesegdheid. ’n Ander kenmerk is sy deernis met die buitestander of die underdog. In hierdie verhale is daar hartseer en humor, lokkende geheime, misterieuse karakters, triekster-elemente. Die eerste verhaal in die bundel, “Agter nege passe”, is as’t ware ’n liefdesverklaring aan die Klein-Karoo!

“’n Mens kan sê dat twee soorte verhale regdeur De Vries se oeuvre loop: ‘ligter’, ‘realistieser’ kontreistories en ‘digter’, soms fantasieryke verhale. Maar so eenvoudig is dit ook weer nie …”
– George Weideman

Oor die outeur

Abraham Hermanus de Vries is op 9 Februarie 1937 op Ladismith in die Wes-Kaap gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Ladismith en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam. Hy verwerf doktorsgrade aan albei universiteite.

Hy is die kunsredakteur van Die Vaderland vanaf 1963 en 1965. Hy toer gereeld oorsee, en gee ook in sy loopbaan aan verskeie Europese universiteite klas. Hy gee ook klas aan die Universiteite van Port Elizabeth, Rhodes, Natal en laastens die Skiereilandse Technikon in Kaapstad. Hy was tot en met sy aftrede in 1997 die Hoof van die Departement Tale en Kommunikasie en hy het ook die Joernalistiekdepartement daar begin.

Hy is een van die geliefde en gerespekteerde kortverhaalskrywers in Afrikaans.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment