Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Gerrit Rautenbach se Hartepad saam met Johan Bakkes in Stellenbosch bekend gestel

Gerrit Rautenbach

 
HartepadJohan Bakkes vertel dat hy en sy goeie vriend Gerrit Rautenbach al myle saam gery het en dat hy ook baie respek het vir Rautenbach as reiskrywer en reisfotograaf. “Dit is ongelooflik om te sien hoe hy agter ’n kamera werk.”

Gaste het by The Birdcage-restaurant op Stellenbosch na dié twee vriende se gesprek geluister tydens die bekendstelling van Rautenbach se Hartepad.

Met Bakkes se opmerking dat musiek ’n belangrike rol speel tydens sy reise, stem Rautenbach heelhartig saam. “Met musiek word reis ’n gebeurtenis. Dan ‘reis’ jy en is jy nie net op pad êrens heen nie,” het Rautenbach gesê.

“In my twintigs was ek ’n onrustige reisiger. Ek was bang dat die plekke gaan opraak. Dat die petrol en geleenthede gaan opraak. [...] Later het ek besef ek sal nooit Afrika kan op ry nie,” vertel Rautenbach. Hy noem ook dat hy altyd in sy reise die plekke soek waar niemand nog was nie.

Net so passievol is Rautenbach ook oor fotografie. “Met reisfotografie moet ‘n mens leer om dadelik die drama vas te vang. Die reis gebeur ongeag of jy reg is daarvoor.”

Rautenbach stem ook saam met Bakkes dat Namibië ’n beeldskone landskap is om af te neem. “Jy kan daar deur die dag vyf foto’s van dieslefde plek neem en elke foto sal verskil. Met my foto’s probeer ek nie my emosies weergee nie, maar universiële emosies. Emosies wat almal voel.”

Bakkes het ook tydens die boekgesprek uitgewys dat Rautenbach baie fokus op ekobewaring in Hartepad. Die skrywer het “ja” geknik en vertel hy glo “die mens het te veel met die wêreld gefoeter. Dis ons skuld. Die wêreld is opgeneuk.”

Rautenbach het die praatjie afgesluit met die voorlesing van die eerste kortverhaal in Hartepad waarin hy oor ’n reis na Mosambiek, en die honger kinders wat hy daar teëgekom het, skryf.

Facebook-galery

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment