Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Deon Meyer en Adriaan Oosthuizen oor hul liefde vir motorfietsry (Plus: Video en uittreksel uit Ridders van die Grondpad)

Ridders van die GrondpadDeon Meyer en Adriaan Oosthuizen het vroeër hierdie maand hul motorfietsrygids, Ridders van die grondpad, in Kaapstad bekend gestel en Die Burger se joernalis Eben Human het ook na dié twee in gesprek met Erns Grundling gaan luister.

In sy verslag oor die bekendstelling skryf Human dat “Die passie en oorgawe waarmee Meyer en Oosthuizen hul Ridders van die Grondpad geskryf het, sal alle grondpadryers baie aansteeklik vind”.

Miskien word Ridders van die Grondpad (Tafelberg) met die tyd nog motorfietsryers se Kook en Geniet.

Só het Erns Grundling van die tydskrif Weg! verlede Donderdagaand in Century City geskerts toe hy die medeskrywers en hul gids vir avontuurmotorfietse aan ’n groot gehoor bekend gestel het.

Tracey Lange het op kykNET se Bravo saam met Meyer en Oosthuizen in Philadelphia gaan rondrits tydens ’n voorbladfotosessie vir Rapport se MyTyd. Meyer vertel aan Lange dat hy op 14 reeds sy eerste motorfiets gekry het, maar toe hy ontdek het hoe besonders dit is om motorfiets op ‘n grondpad te ry, het “daar ’n hele nuwe wêreld vir hom oopgegaan”. Lange gesels ook met die MyTyd-redaksie oor die boek.

 

Die Burger het ook ’n uittreksel uit die boek met lesers gedeel waarin Meyer verduidelik waarom hy ‘n rit by Papkuilsfontein sal aanbeveel.

Die resep vir ’n perfekte motorfietsdag vereis drie basiese bestanddele: ’n uitdagende en skouspelagtige roete, aangename reisgenote en ’n oornagplek met goeie kos, ’n warm stort en ’n sagte bed.

Laasgenoemde is soms moeiliker om te kry as wat ’n mens dink.

Ons het deur die jare heen al in letterlik honderde gastehuise en -plase, hotelletjies, selfsorg-eenhede en kampeerterreine oornag.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment