Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Linda Friedland gee raad vir ouers met moeilike tieners (Plus: Uittreksel uit Ag, ma, whatever!)

Ag, ma, whatever!Jy moenie probeer om “gewild” te wees by jou kinders of hul “beste vriend” te wees nie. Dít is deel van die raad wat Linda Friedland, outeur van Ag, ma, whatever!: Selfone, neusringe en ander tienerkwessies, vir ouers van tieners het. “Dis natuurlik heerlik as dinge prettig is,” sê Friedland, “maar ek dink as ouers is dit belangriker dat ons standvastig en konsekwent is.”

Friedland vertel dat die idee vir die boek ontstaan het nadat sy in Hong Kong tydens ’n konferensie besef het dat baie ouers in tienerkwessies belangstel.

Wat wou jy word toe jy ’n tiener was?

Ek wou maar altyd ’n dokter word, maar was van die begin af meer geïnteresseerd in mense en die menslike kant as in die wetenskap en mediese toestande.

Jou tienerdogter is skielik vir jou ’n vreemdeling. Sy gluur jou aan, slaan haar deur toe en het dikwels ’n dik lip.

Jy het geweet dié fase moet in ’n stadium begin, maar noudat dit hier is, sit jy met jou hande in die hare.

Om ouers te help om meer insig te kry in hul kinders se gedrag én hoe om allerlei tienerkwessies te hanteer, het dr. Linda Friedland die boek Ag, Ma, whatever! – Selfone, Neusringe en ander Tienerkwessies (Tafelberg) geskryf.

Rapport het ook raad uit Friedland se Ag, ma, whatever! gedeel:

V: Waarom is my kind so selfbehep?

Seun: Ek het swak gespeel vandag. Ek kon nie lekker aan die gang kom nie.
Ma: Wat bedoel jy? Jy het baie goed gespeel, soos altyd! Jy was die ster van die span.
Seun: Nee, ek het baie kanse verbrou. Maar dis nie die ergste nie. Ek voel oukeierig.
Ma: Nee, man. Jy is die beste in die span.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment