Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Marita van der Vyver is terug met ’n nuwe bundel kortverhale, ’n Fontein voor ons deur

'n Fontein voor ons deurTafelberg stel graag Marita van der Vyver se ’n Fontein voor ons deur bekend:

’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk.

En wat gebeur toe?

Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in Die hart van ons huis.

En wat gebeur nou?

Hulle trek. En nie waarheen nie … Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas.

’n Fontein voor ons deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek.

Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.

Oor die outeur

Marita van der Vyver
is op 6 Mei 1958 in Kaapstad gebore. In haar matriekjaar (aan die Hoërskool Nelspruit) 1975, wat ook die Afrikaanse Eeufeesjaar is, wen sy ’n landwye digkunswedstryd en slaan so ’n studiebeurs van vier jaar los. In 1978 behaal sy ’n BA-graad met tale en drama en in 1979 ’n honneurs in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. ’n Paar jaar later ontvang sy ’n meestersgraad in joernalistiek.

Sy werk as joernalis by Die Burger en Sarie totdat sy in 1987 die vryskutlewe aanpak. Sy debuteer in 1982 met die kinderboek Van jou jas, maar dis haar eerste boek vir volwassenes die opspraakwekkende Griet skryf ’n sprokie in 1992 wat ’n blitsverkoper is en vele herdrukke beleef. Die roman is met die M-Net-prys, ATKV-prys en die Eugène Marais-prys bekroon.

Vir haar kinder- en jeugboeke word sy onder meer met die Tienie Holloway-medalje, die MER-prys en die Sanlam-prys vir jeuglektuur bekroon. Haar roman Wegkomkans is hoofsaaklik geskryf tydens haar sabbatsjaar (1996/97) in die suide van Frankryk. Sedert 1999 woon Van der Vyver saam met haar Franse man, Alain, en vier kinders op die Franse platteland.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment