Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Albert Blake volg die spoor van baasspeurder Charles Miller in Moord en roof

Moord en roofTafelberg stel graag Albert Blake se Moord en roof: In die kop van ‘n baasspeurder bekend:

In die dae toe speurders nog aan hul safaripakke en Grasshopper-skoene uitgeken kon word, was die moord-en-roofeenheid ewe beroemd as berug. Charles Miller was een van hul topspeurders.

As lid van die Wes-Randse tak het hy verskeie opspraakwekkende moord- en roofsake danksy deeglike speurwerk en ’n uitstekende netwerk opgelos. Bloedbesmeerde moordtonele, donker hole, omstrede ondervragingsmetodes en smerige informante was alles deel van sy werk. Vir hom en sy kollegas het die adrenalien van klappende skote soos ’n dwelm geword.

Maar om jou lewe elke dag op die spel te plaas, eis sy tol. Miller het later ook telling verloor van hoeveel misdadigers hy in die uitvoering van sy pligte doodgeskiet het.

’n Ware verhaal oor die strewe na geregtigheid en hoe dit dikwels tot ’n ongemaklike dans met die donker kant lei.

Oor die outeur

Albert Blake is die skrywer van die topverkoper Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (2010).

Hy is ’n prokureur van beroep, maar sy passie vir geskiedenis is só groot dat hy al twee meestersgrade daarin behaal het – al twee cum laude.

Hy het tydens sy navorsing op dié dagboeke afgekom en onmiddellik besef dat dit wye aanklank sal vind. Blake het sy eie prokureurspraktyk in Roodepoort.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment