Huisgenoot bied aan: Boektoer met Deon Meyer ter viering van sy nuwe roman Kobra
Bennie Griessel, almal se gunsteling-polisieman, is terug in Kobra, Deon Meyer se nuutste misdaadroman wat in November op die rakke verskyn.
Tussen 16 en 23 November doen Meyer ’n landwye boektoer om die boek bekend te stel. Tydens die toer sal Huisgenoot se boekeredakteur, Elna van der Merwe, hom ook uitvra oor sy bedrywige lewe, wat draaiboeke vir TV en film en ’n motorfietsboek insluit.
Drie van die boekkuiers gebeur om gesellige restauranttafels en een tydens ’n Lize Beekman-konsert. Om alles te kroon is daar ook ‘n Gautreinrit saam met Deon Meyer! Op 23 November om 09:30 vertrek die Gautrein van Hatfield-stasie na Rosebank. Ry saam met die misdaadskrywer, laat jou boek teken, geniet die gesprek en ete in die Karoo Cattle and Land en ry weer met die Gautrein terug na Pretoria op die tyd wat jou pas. Albei treinritte is gratis en die kaartjies gaan aan die eerste 100 lesers wat bespreek.
Daar is geen verskoning om hierdie wonderlike geleentheid mis te loop nie!
Besonderhede: Kaapstad
- Datum: Saterdag 16 November
- Tyd: 10:00
- Plek: Barnyard-teater Willowbridge
39 Carl Cronje-rylaan
Tygervallei
Kaapstad | Padkaart - Verversings: Pizza en twee drankies
- Koste: R180
- RSVP: Kevin du Toit, 021 406 4446
Besonderhede: Bloemfontein
- Datum: Dinsdag 19 November
- Tyd: 18:30
- Plek: Innie Skuur @ Meerkatkolonie
Drakensberglaan
Langenhovenpark
Bloemfontein | Padkaart - Verversings: Burger en tjips; twee drankies
- Koste: R180
- RSVP: Kevin du Toit, 021 406 4446
Besonderhede: Pretoria
- Datum: Woensdag 20 November
- Tyd: 20:00
- Plek: Atterbury-teater
Hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat
Lynnwood
Pretoria | Padkaart - Koste: R150
- Bespreek: Computicket
Besonderhede: Johannesburg
- Datum: Saterdag 23 November
- Tyd: 10:30
- Plek: Karoo Cattle and Land Restaurant
187 Oxford straat
Rosebank
Johannesburg | Padkaart - Verversings: Burgers en twee drankies
- Koste: R180
- RSVP: Kevin du Toit, 021 406 4446
Boekbesonderhede
- Kobra duer Deon Meyer
Boek se tuisblad
EAN: 9780798165044
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment