Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Abraham de Vries beantwoord die Proust-vraelys oor sy kosbaarste besitting, die dood en verveling

Maar wie snoei die rose in die nag? Abraham H de Vries is een van die land se mees gerespekteerde kortverhaalskrywers. Sy nuutste bundel, Maar wie snoei die rose in die nag?, het onlangs by Human & Rousseau verskyn.

De Vries het die Proust-vraelys in Die Burger beantwoord en onder meer genoem dat sy grootste prestasie die 21 bundels op sy kerfstok is, asook die ereburgerskap van sy geboortedorp, Ladismith.

Wat behels aardse geluk?

Enigiets wat onverwags ten goede gebeur soos om gebore te word.

Wat is die diepste put van ellende?

Moedeloosheid en diefstal van jou tyd, soos die ongevraagde reklame op jou skerm waarvoor moderne tegnologie sorg.

Book details

 

Please register or log in to comment