Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Nuut van Joan Hambidge: Humor, satire en herinneringe in die digbundel Meditasies

MeditasiesHuman & Rousseau kondig graag aan dat Joan Hambidge se nuutste bundel, Meditasies, eersdaags verskyn:

In hierdie ryk geskakeerde bundel word nie alleen die konsep en konteks van “meditasies” verruim nie, maar word die gedig-as-meditasie tot ’n nuwe hoogte in Hambidge se werk gevoer, word dit ’n beduidende bydrae tot die breë Afrikaanse digterlike leksikon.

Humor en satire tree dikwels op die voorgrond, en so ook besonder skerp herinneringe.

Oor die outeur

Joan Helene Hambidge is op 11 September 1956 op Aliwal-Noord gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Standerton. In 1979 verwerf sy haar BA Honneursgraad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy voltooi haar MA-graad aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van prof. Elize Botha en verwerf ’n PhD aan die Universiteit van Rhodes onder prof. André P. Brink se leiding. Sy is dosent en later ook hoogleraar aan die Universiteit van die Noorde, en sedert 1992 is sy verbonde aan die Universiteit van Kaapstad. In 2001 behaal Hambidge haar tweede doktorsgraad, dié keer in kultuurstudies, aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is tans ’n professor in Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad.

Hambidge debuteer in 1985 met die bundel, Hartskrif, en ontvang die Eugène Marais-prys in 1986 vir haar tweede bundel Bitterlemoene.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment