Adam Small se Klawerjas, Goree en The Orange Earth in Kaapstad bekendgestel
‘n Bewoë Adam Small het verlede week sy eerste digbundel in 40 jaar, Klawerjas, by die Kaapse Hotelskool in Mouille Point bekendgestel. Die eerste verskyning in druk van sy 1978-drama The Orange Earth en die Afrikaanse vertaling Goree is ook tydens die geleentheid gevier.
“Een van die goeie dinge van die publikasie van Klawerjas is dat ons weer kan wees saam met mense met wie ons lanklaas saam was,” het Small met trane in sy oë gesê aan die gehoor wat heelparty persone uit die literêre gemeenskap ingesluit het. “Daar is niks wat vir ‘n digter so opbeurend is as wanneer hy tussen sy mense is nie.”
Small se lang stilswye was ‘n gevolg van sy verslaenheid oor die apartheidsregime, het hy verduidelik. Dit het hom in ‘n diep wanhopigheid laat verval. “‘n Mens dink, waarom sal ek dig?” Hy het sy vrou, Rosalie, wat hom na die bekendstelling vergesel het, bedank vir haar bystand wat hom geleidelik uit sy neerslagtigheid gelig het.
Verlede jaar het Small uiteindelik erkenning gekry vir sy bydrae die tot die dramagenre in Afrikaans toe die Hertzog-prys vir sy algehele oeuvre aan hom toegeken is. Hy het daarna ‘n paar onderhoude toegestaan en vroeër vanjaar het hy vir die eerste keer weer aan ‘n openbare geleentheid deelgeneem by die Tuin van Digters op Wellington. Oor die lywigheid van sy nuwe digbundel sê hy: “Dit was soos ‘n damwal wat gebreek het.”
Small het Tafelberg bedank vir die mooi manier waarop hulle sy nuwe boeke uitgegee het. Die digbundel het onder meer ‘n afdruk van ‘n brief van NP Van Wyk Louw aan Small op die binneblad en binne The Orange Earth en Goree pryk foto’s van Small se ma as ‘n jong meisie, aangesien die drama op biografiese gegewens oor sy ma en pa gegrond is.
Die gehoor het geboei geluister terwyl Small die tema in Klawerjas bespreek het en gedigte uit die bundel voorgelees het.
Luister na twee voorlesings deur Small:
- Laai dit nie? Kyk op YouTube
- Laai dit nie? Kyk op YouTube
Facebook galery
Boekbesonderhede
- Klawerjas deur Adam Small
EAN: 9780624065456
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- The Orange Earth deur Adam Small
Boek se tuisblad
EAN: 9780624065395
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Goree deur Adam Small
Boek se tuisblad
EAN: 9780624065425
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment