Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Eben Venter skryf ’n kort-kortverhaal as huldeblyk aan Nelson Mandela

Wolf, WolfEben Venter, outeur van Wolf, Wolf, het ‘n kort-kortverhaal geskryf as huldeblyk aan die ontslape voormalige president Nelson Mandela. “Die aand van die erewag” skets die fiktiewe aand van die bekendstelling van die “honderd mees invloedryke romans in Afrika” waar Mandela as eregas sou optree.

Die hoofkarakter beskryf die oomblik toe sy die groot ikoon ontmoet en die emosies wat sy as wit meisie van die Oos-Kaap ervaar toe hy haár hand skud. “En sy ervaar iets, sy kan nie presies sê wat, maar iets soos ’n omhelsende menslikheid, iets wat hy miskien altyd gehad het of wat vorm aangeneem het gedurende daardie 27 jaar in die gevangenis, en daarna, én daarvoor, ’n intense menslikheid wat sy hand aan hare afgee.”

Die gevolg van haar onlangs verbroke verhouding was selfbewustheid en die betrokke aand, geklee in ’n wit bloes en swart romp, het sy boonop verleë gevoel. Soos ’n skoolmeisie.

Sy was deel van ’n erewag, dié en daardie kant van die reuse-foyer in twee lang toue, almal in swart en wit volgens die opdrag. Dit was die aand van die bekendmaking in Kaapstad van die honderd mees invloedryke romans in Afrika en hulle het almal op pres. Nelson Mandela gewag.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment