Pieter Odendaal aan Mandela: ons het jou naam as breekwater teen die storms van verneukery ingespan
Die jong digter Pieter Odendaal, een van die bydraers tot Nuwe Stemme 5, het ‘n gedig as huldeblyk aan Nelson Mandela geskryf waarin hy die “optical illusions” rondom die ikoon betreur.
Odendaal het twee jaar gelede opslae gemaak met ‘n gedig aan Adam Small wat die bekroonde digter tot so ‘n mate geroer het dat hy weer terug gekeer het na die skrywerswêreld na jare in afsondering.
Odendaal skryf in sy gedig “Rainbows and other optical illusions – dir.Mandela, N.R. (1994)” oor die “sonneblomme en seënwense” wat instroom na Mandela dood, nes die ontslape president se gesig op die geldnote in kasregisters. Die digter herroep die Bybelse gelykenis van die vermenigvuldiging van die mandjie kos: “soos die vissies en die brode het ons jou gebreek, versprei en verorber om versadig te wees, maar jy is nie ’n wonderwerk nie en ons is nie jesusse nie, die mandjies is leeg en die skare rasend”.
Rainbows and other optical illusions – dir. Mandela, N.R. (1994)
noudat die klaarmakers om jou vergader
soos goggas wat wag vir die sagte plekkies om te dooi
en die verpleegsters se vingers om jou pols krul
soos die boeie van die eiland
en die kettings van geken-wees
Boekbesonderhede
- Nuwe Stemme 5 saamgestel deur Heilna du Plooy en Loftus Marais
Boek se tuisblad
EAN: 9780624058861
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment