Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Annelie Ferreira: “Ek wou kyk of ek ’n storie kon skryf wat hartseer én positief is”

Dit vat gutsMaar Tintin in TibetAnnelie Ferreira het verlede jaar ‘n goeie skrywersjaar gehad met twee boeke wat op die rakke verskyn het: Maar Tintin in Tibet en Dit vat guts. Riette Rust het met die skrywer gesels oor die twee verhale en hoe sy haar stories skep.

Dit vat guts, haar jongste titel, is ‘n aangrypende verhaal van ‘n meisie wat nooit kon droom hoe dapper sy is nie, maar dit uitvind wanneer haar pa met kanker gediagnoseer word. “Ek wou kyk of ek ’n storie kon skryf wat hartseer én positief is. Een wat oor komplekse goed handel, maar ook maklik verstaanbaar is,” sê die skrywer.

Ferreira tap ook inspirasie uit haar lewe en neem veral notisie van haar onderbewussyn: “My drome sit dinge aanmekaar wat ek nie bewustelik kan doen nie.” Sy noem dat sy aanvanklik gesukkel het om Maar Tintin in Tibet lekker te laat vloei en dat ‘n groot lewensverandering (haar man het ‘n werk in Engeland aanvaar) gelei het tot nuwe lewe vir die storie.

Sy skryf al “storietjies” vandat sy baie klein was, vertel Annelie Ferreira, bekroonde kinder- en jeugverhaalskrywer.

Op 30 Julie het haar roman Maar Tintin in Tibet by Tafelberg verskyn en onlangs het ­Human & Rousseau haar jeug­roman Dit vat guts uitgegee.

Sy woon deesdae in Bristol, Engeland, en kuier so drie maal per jaar in Durbanville in die Kaap.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment