Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Nostalgiese nageregte: Probeer 7de Laan se Peppermint Crisp-Tert en Mari-Louis Guy se Post Toasties-tertjies

Mari-Louis Guy, medeskrywer van Onthaal op groot skaal, blog gereeld vir Huisgenoot oor smaaklike geregte, kos en wenke vir die kombuis. In hierdie blog deel sy ook graag resepte uit ander kosboeke wat haar beïndruk het.

Onthaal op groot skaal7de Laan vier feesMarkdag

 
In een van haar onlangse inskrywings maak Guy ‘n pleidooi vir Peppermint Crisp-tert en Post Toasties-happies, klassieke nageregte wat vergete lê onder al die nuwe, byderwetse opsies wat deesdae heers op nageregtafels. Sy deel ‘n Peppermint Crisp-tert resep uit 7de Laan vier fees deur Danie Odendaal Productions en skryf dat dit haar gunsteling-poeding is: ” Dis hemel op ’n bordjie – baie ryk, baie lekker en so Suid-Afrikaans soos biltong, braaivleis en bokmakieries.”

Guy deel ook ‘n resep vir Post Toasties-tertjies uit haar en Callie Maritz se boek Markdag en skryf dat dit die enigste manier is waarop sy graanvlokkies in haar mond sal sit. Probeer 7de Laan se resep vir en Mari-Louis Guy se resep vir Post Toasties-tertjies:

Peppermint Crisp-tert uit die Laan

BESKUITJIEKORS

1 pakkie (200 g) Tennis-beskuitjies, fyn gemaak
100 g botter, gesmelt

VULSEL

1 pakkie (80 g) suurlemoenjellie
125 ml (½ k) kookwater
125 ml (½ k) koue water
250 ml (1 k) Orley Whip, styf geklop
1 blik (360 g) karamelkondensmelk

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment