Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Francois Bloemhof vertel hoe hy die roman Pad na jou hart na aanleiding van die filmdraaiboek geskryf het

Pad na jou hartDie roman Pad na jou hart wat onlangs verskyn het, is gegrond op die draaiboek van die gelyknamige rolprent wat eersdaags begin draai. SARIE het met Francois Bloemhof, die skrywer van die roman, gesels oor hoe dit sy skryfproses beïnvloed het om deur Ivan Botha en Donnalee Roberts se draaiboek gelei te word.

“Die dialoog en gebeure was vasgelê, maar ek het die vryheid gehad om vir die karakters gedagtes en motiverings te gee,” verduidelik Bloemhof. “Ek moes nogtans inval by ander mense se visie en dit was ’n goeie oefening in dissipline.”

Wat het jou geïnspireer om die skrywer vir die Pad na jou hart-boek te wees?

Soms het ek niks meer inspirasie nodig as om net ’n goeie idee te hoor nie. Verder het Ivan Botha reeds ’n paar jaar gelede opgetree in ’n toneelstuk wat ek geskryf het, Hel op Hemel-en-Aarde. Ons het kontak behou en ek het geweet hy is professioneel, net soos wat Donnalee Roberts is. ’n Mens raak deesdae nie by ’n projek betrokke voor jy seker is jou medewerkers het die professionalisme om dit deur te voer nie. Verder gebeur dit so min dat ’n Afrikaanse boek ’n rolprent “vergesel” dat ek gevoel het dis nodig om dit te skryf. Maar les bes (of ek moet eerder sê eerstens) is dit ’n lekker storie!

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment