Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

NB

@ Sunday Times Books LIVE

Joan Hambidge gesels oor haar jongste bundel en die digkuns as meditasie

MeditasiesJoan Hambidge se jongste digbundel is onlangs deur Human & Rouseau gepubliseer. Meditasies bevat gedigte oor die verskillende metodes van mediteer en speel veral met die konsep van die gedig as meditasie. Heilna du Plooy het met die digter gesels oor die bundel en die “intense bewustheid van tyd en ruimte” wat daarin voorkom.

Hambidge vertel ook van die figure wat in haar meditasies verskyn en gesels oor die leser en ontvangs van gedigte. “Die digter het geen beheer oor hoé die gedig gelees of vertolk mag word nie. Jy moet dit afteken, laat gaan en dikwels jare later sal iemand reageer op ’n vers en dan is ’n mens bly dit het iets vir iemand beteken,” sê sy.

Die onderhoud sluit ook grepe in van Du Plooy se gunstelinge uit Meditasies.

Die titel van hierdie bundel is Meditasies. In die lees van die bundel kom dit na vore dat dit gaan om verskillende soorte meditasies wat ook gerig is op verskillende onderwerpe. Is die gedig vir jou ‘n meditasie as sodanig of die plek/ruimte van meditasie?

Joan Hambidge (JH): Ek het hierdie bundel geskryf tydens en ná ’n reis-om-die-aarde so twee jaar gelede tydens my sabbatsverlof. Ek het spesifiek plekke (ruimtes) besoek waar ek as jonger digter was om ’n soort bestekopname te maak van myself as mens en as digter: Hong Kong, Beijing, Tokio, San Francisco, Los Angeles, Chicago, Washington, New York en Istanboel. Dis ’n idee van ’n vriend dat ons so ’n reis moes onderneem. Hy was saam met my in San Francisco en hy en ’n vriendin was agter my en ons het weer saam ontmoet in New York. Tydens hierdie reis ontdek ’n mens wat het verander, en veral: wat hét dieselfde gebly. My vriend was nog nooit in New York nie en dit was dan interessant hoe hý die stad ervaar het. Heeltemal anders as ek wat al telkemale daar was, vóór 9/11. Vir my was dit anders. ’n Dubbeldoor-ervaring. Ek het ook onthou hoe ek die eerste keer in 1980 gereageer het op die stad en hoe ek tydens hierdie reis die impak van 9/11 kon voel en registreer.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment