Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

NB

@ Books LIVE

Errieda du Toit bied nuwe idees vir geelwortels en deel ’n resep vir ’n Babelse ontbyt

Kokkedoor“Wie ken nie gerasperde wortelslaai met lemoensap oor nie, soms selfs met ’n spatsel Oros, verdun met die blik-sappies van die ingelegde pynappel wat ook in die wortelslaai beland het,” skryf Errieda du Toit, samesteller van Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling TV-reeks, in haar Huiskos-rubriek vir Beeld. Hierdie ou bekende resep is volgens die koskenner nie “kookkuns se trotste oomblik nie”.

Probeer een van die lipleklekker, vernuwende wortelresepte wat sy deel, onder meer vir wortelslaai met jogurt en vars koljanderblare, geelwortels in ‘n geurbad en ‘n Babelse brekfis uit een van Du Toit se gunsteling kookboeke:

Jy het nodig:

Vir die basis:

250 g granola/muesli/geroosterde hawermout
100 ml sagte botter (verkieslik ongesout)

Vir die witsjokolade-jogurt:

100 g witsjokolade
1-2 koppies ongegeurde jogurt

Vir die bolaag:

Liggekookte jong worteltjies en enige kombinasie van appelkosies, nektariens, lietsjie, pruim, papierdun skyfies appel, frambose en bloubessies

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment